Ons hou van

Woensdagwenk – kies die regte skakering vir jou onderlaag

Dis altyd moeilik om die regte skakering onderlaag vir jou gelaat te kry. Selfs Hollywood-sterre sukkel soms hiermee, soos toe die sanger Marcus Mumford onlangs ’n foto van sy aktrise-vrou, Carey Mulligan (The Great Gatsby), getwiet het waarop haar onderlaag effens te lig was.

Maak seker jy lyk nie ook bietjie vaal of selfs te donker nie deur die volgende raad te volg:

FOTO: www.twitter.com

FOTO: Twitter

  • Kies drie skakerings onderlaag om te toets – jy wil nie te min opsies hê nie, maar dis ook nie goed om jouself met keuses te oorlaai nie.
  • Wend ’n klein hoeveelheid van elke skakering op jou wang aan en skakeer dit in.
  • Die perfekte skakering sal lyk of dit in jou vel verdwyn – as die onderlaag jou vel ligter of donkerder laat lyk, is dit die verkeerde skakering!
  • As jy nog twyfel, kan jy die twee skakerings wat die beste skakeer op dieselfde manier op jou voorkop toets.