FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ons hou van

Woensdagwenk: Kry die rooitapyt-voorkoms só

As jy, net soos ons, mal was oor van die skoonheidsvoorkomste op die rooitapyt tydens vanjaar se Golden Globe-toekennings, het ons goeie nuus. Hiér verduidelik ons stap vir stap hoe om die voorkomste van drie van ons gunstelinge – Emma Stone, Jessica Chastain en Leslie Mann – te herskep.

 

Emma Stone deur Revlon

Die aktrise Emma Stone was modern tog gemaklik op die rooi tapyt met helderrooi lippe en ’n rokerige voorkoms vir haar oë. “Vir haar grimering het ons op haar oë en lippe gefokus; dis ongewoon, maar ons wou die voorkoms modern, vroulik en gemaklik hou,” sê Rachel Goodwin, die grimeerkunstenaar wat dié voorkoms vir Emma geskep het.

  1. Wend onderlaag wat ’n tikkie glans bevat aan vir ’n gesonde gelaat wat natuurlik lyk. Rond jou gesig af met blosser op die appels van jou wange en skakeer dit opwaarts.
  2. Vir Emma se rokerige oë is twee skakerings oogskadu gebruik. Dis nie te donker nie, maar bring steeds haar oë uit. Skep drama en definisie met ’n swart oogpotlood en ’n paar lae maskara.
  3. Rond jou voorkoms af met ’n helderrooi lipstiffie.

Perfek vir: ’n Jong, waaghalsige voorkoms

Probeer dié produkte van Revlon:

  • Revlon PhotoReady Makeup in Vanilla (R270)
  • Revlon Blush in Melon Drama (R185)
  • Revlon ColorStay ShadowLinks Eyeshadow in Onyx en Bone (R50 elk)
  • Revlon ColorStay Precision Eye Pencil (R175)
  • Revlon Grow Luscious Bold Lacquer Mascara (R160)
  • Revlon SuperLustrous Lipstick in Coffee Bean (R130)
Probeer dié Revlon-produkte om Emma Stone se Golden Globes grimeervoorkoms te herskep

Probeer dié Revlon-produkte om Emma Stone se Golden Globes-grimeervoorkoms te herskep

Die groot wenners by vanjaar se Golden Globe-toekennings

Jessica Chastain deur YSL Beauté

Die Interstellar-aktrise Jessica Chastain het ou Hollywood se glans uitgestraal met haar rokerige oë, diep kantpaadjie en sagte krulle. Grimeerkunstenaar Kristofer Buckle vir YSL Beauté het haar voorkoms glansryk, stralend en smeulend laat lyk.

FOTO: @Getty

FOTO: Gallo Images / Getty Images

  1. Wend ’n onderlaag met ’n glans-afwerking aan jou gesig vir ’n foutlose gelaat. Verlig dan die dele onder jou oë met ’n verligterpen. ’n Tikkie pienk blosser sal sorg vir wange wat natuurlik rosig lyk.
  2. Dié rokerige oog is meer intens en wyd buite die buitenste ooghoeke geskakeer. Dit trek die aandag na Jessica se groen oë. Rond af deur ‘n jel-oogomlyner net bo jou boonste wimpers aan te wend en hope maskara aan jou boonste en onderste wimpers.
  3. Omdat jou oë die fokuspunt is, is net ’n sagpienk lipglans nodig vir jou lippe.

Perfek vir: ’n Elegante en sexy aand uit

Probeer dié produkte van YSL Beauté:

  • YSL Teint Touche Eclat Illuminating Foundation in Beige Dore (R580)
  • YSL Touche Eclat in No 1 (R510)
  • YSL Blush Volupté in No 2 (R560)
  • YSL Couture Palette in No 3 en No 1 (R695 elk)
  • YSL Effet Faux Cils Crème D’Eyeliner in Deep Black (R440)
  • YSL Mascara Volume Effet Faux Cils Baby Doll in Fetish Black (R345)
  • YSL Pure Colour Lipstick SPF 15 in No 17 (R405)
Gebruik dié produkte om Jessica Chastain se Golden Globes grimeervoorkoms te herskep

Gebruik dié produkte om Jessica Chastain se Golden Globes grimeervoorkoms te herskep

Hiér is ons 5 gunsteling-skoonheidsvoorkomste by die Golden Globes!

Leslie Mann deur Elizabeth Arden

Die aktrise Leslie Mann, wat bekend is vir haar rolle in flieks soos This Is 40, The Other Woman en 17 Again, se rooitapyt-voorkoms was vars en het haar jare jonger laat lyk. Haar grimeervoorkoms komplementeer haar geel rok perfek met rokerige, sjampanje skakerings vir haar oë en helderrooi lippe vir ’n tikkie kleur, sê Elizabeth Arden-grimeerkunstenaar Jillian Dempsey.

FOTO: Instagram (@goldenglobes)

FOTO: Instagram (@goldenglobes)

  1. Wend eers ’n oogjel of serum rondom jou oë aan om die sensitiewe vel te bevog en verfris. Wend daarna onderlaag aan. Vir ekstra glans kan jy ook verligter net bo jou wangbene aanwend.
  2. Hou jou oë treffend, maar steeds natuurlik deur ligbruin en sjampanje skakerings te gebruik. Wend ’n ligte skakering oor jou hele ooglid aan en skakeer daarna ’n donkerder skakering vanaf die vou van jou ooglid tot by jou wenkbrou. Wend dan ’n metaalskakering in die binnehoeke van jou oë en onder jou onderste wimpers aan vir ’n tikkie glans. Laastens sal ’n intense swart oogomlyner en maskara die hele voorkoms van jou oë beklemtoon.
  3. Bevogtig jou lippe sodat jou lipstiffie egalig sal aangly en voeg dan kleur by jou voorkoms met ’n helder rooi-oranje lipstiffie.

Perfek vir: ’n Vars en vrolike dag-voorkoms

Probeer dié produkte van Elizabeth Arden:

  • Elizabeth Arden Visible Difference Brightening Eye Gel (R330)
  • Elizabeth Arden Flawless Finish Perfectly Nude Makeup SPF 15 in Beige (R345)
  • Elizabeth Arden Flawless Finish Correcting and Highlighting Perfector in Shade 2 (R325)
  • Elizabeth Arden Beautiful Color Eye Shadow in Truffle, Spice en Bone (R210 elk)
  • Elizabeth Arden Beautiful Color Smoky Eyes Powder Pencil in Smoky Black (R170)
  • Elizabeth Arden Beautiful Color Lash Enhancing Mascara in Black (R190)
  • Elizabeth Arden Eight Hour Cream Intensive Lip Repair Balm (R185)
  • Elizabeth Arden Beautiful Color Moisturizing Lipstick in Neoclassic Coral (R210)
Gebruik dié produkte van Elizabeth Arden om Leslie Mann se skoonheid grimeervoorkoms by die Golden Globes te herskep

Gebruik dié produkte van Elizabeth Arden om Leslie Mann se skoonheid grimeervoorkoms by die Golden Globes te herskep

Raai wie is aangewys as Mej. Golden Globes 2015