instagram
Ons hou van

Woensdagwenk: lente op jou naels

Soos wat die dae warmer word en die lente al nader kom, krap ons weer al ons helder kleure uit ons grimeertassies. Helder naellak is die perfekte manier om dié somer-tendens te volg. Maak seker jou grimering komplementeer die helder kleur op jou naels deur ’n bypassende lipstiffie te dra. Taylor Swift het dié raad goed gevolg met haar helderrooi naels op die rooi tapyt van die MTV Musiekvideo-toekennings. Taylor Swift by die MTV Musiekvideo-toekennings.