FOTO: Nioxin

FOTO: Nioxin

Ons hou van

Woensdagwenk: Maklike lente-hare

Die lente is oor ’n paar weke hier! Begin solank jou hare vir die vrolike seisoen vernuwe met dié wenke van Ria Gyapersad, kreatiewe direkteur van die luukse haarsorghandelsnaam Glampalm Hair.

 

1. Was jou hare twee tot drie keer ’n week. Tydens die warmer maande is hare geneig om vinniger olierig te word wat kan lei tot skilfers of selfs kopvelinfeksies.

Probeer: Gary Rom Blonde Brilliance Shampoo (R280) of Lee Stafford Here Come The Curls Conditioner (R95)

2. Gebruik ’n bevogtigende haarmasker om droë winterhare te bederf. Oorweeg dit ook om vir ’n haarbehandeling by ’n haarsalon te gaan.

Probeer: Dove Deep Repair Treatment Mask (R70) of Evolution Keratin Argan Infused Smoothing Therapy (R2 500) haarbehandeling

dove-intense-repair-hair-mask

Dove Deep Repair Treatment Mask (R70)

Anel Alexander se hare weer blond – lees meer!

3. Gaan mal met kleur! Soms is ’n nuwe haarkleur die perfekte kuur vir lewelose hare. Dié seisoen is skakerings soos karamelblond en pastelpers gróót. Probeer ook ’n subtiele ombré (sombré), waar die onderste deel van jou hare effens ligter is as die boonste deel.

Probeer: L’Oréal Préférence Colour Ombrés Brush-On Coloured Dip-Dye in Red Ombré (R160)

L'Oreal Paris Ombre Red pack

L’Oréal Préférence Colour Ombrés Brush-On Coloured Dip-Dye in Red Ombré (R160)

4. Gee jou hare tekstuur met sagte en moeitelose krulle. Kry dié voorkoms deur bloot jou klam hare voor jy gaan slaap in twee tot vier vlegsels te vleg.

Probeer: Trevor Sorbie Salt Texture Spray (R120) of Glampalm Magic Wand (R1 699)

Die Gary Rom-blog: Inspirasie vir kort hare