Haar stock foto
Ons hou van

Woensdagwenk: Met dié 5 haarstyle hoef jy nie daagliks hare te was nie

In die koue seisoen is jy nie altyd lus om vroegoggend jou hare te was nie. Gelukkig is daar ’n paar vinnige haarstyle vir hare wat nie altyd silwerskoon is nie.

Eksperimenteer met kopbande. Maak ’n deurmekaar bolla en vou ’n dun serp of kopband om jou haarlyn. Dit steek jou haarwortels weg en is ook ’n mooi bykomstigheid.

Nicole Richie FOTO: Instagram  @nicolerichie </a

Nicole Richie FOTO: Instagram @nicolerichie

Sagte krulle werk perfek as  jou hare nie silwerskoon is nie. Die krulle sal langer hou en nie so maklik platval nie. Dra dit los vir ’n gemaklike strandvoorkoms of maak dit vas in ’n kant-poniestert.

Blake Lively FOTO: Gallo Images / Getty Images

Blake Lively FOTO: Gallo Images / Getty Images

Vlegsels is ’n ou gunsteling om enige olierigheid weg te steek. Maak ’n Franse vlegsel aan weerskante van jou kop en steek dit agter in ’n lae bolla vas. Probeer ook ’n visgraat-vlegsel – hier wys ons jou hoe!

Emma Stone FOTO: Twitter @voguemagazine

Emma Stone
FOTO: Twitter @voguemagazine

Vlegsel-trends op die rooi tapyt

Maak ’n deurmekaar poniestert om olierige hare rondom jou gesig weg te steek. Gebruik jou vingerpunte om eers jou hare liggies met ’n haardroër te blaas om volume te skep en maak dan ’n poniestert sonder om jou hare te kam. Olierigheid is meer sigbaar met gladde hare. Steek jou rekkie weg deur ’n deel van jou hare om dit te draai en vas te steek.

Katie Holmes FOTO: Gallo Images / Getty Images

Katie Holmes
FOTO: Gallo Images / Getty Images

’n Lae opgerolde bolla lyk super-chic en kan binne sekondes gemaak word. Begin met ’n poniestert teen jou nek. Deel jou hare net bokant die rekkie in twee en druk jou poniestert van onder af deur om ’n omgekeerde poniestert te maak. Rol dan die res van jou poniestert op om jou vinger tot net bo die rekkie en steek vas met knippies.

Jennifer Lawrence FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Lawrence FOTO: Gallo Images / Getty Images

Besoek ons Pinterest-bladsy vir nóg idees en stap-vir-stap aanwysings.

pinterest hare 2pinterest hare1

Ekstra wintersorg vir jou hare