img_1786
Ons hou van

Woensdagwenk: ’n skoonheidsroetine vir jou oefenprogram

Verwyder altyd jou grimering voordat jy gaan oefen omdat dit jou porieë kan verstop sodra jou vel begin sweet. As dit vir jou te veel moeite is om jou vel met ‘n gesigwas en water skoon te maak, kan jy altyd vinnig ‘n reinigende lappie oor jou gesig vee voor jou oefenroetine. Probeer Nivea Daily Essentials Refreshing Facial Cleansing Wipes (R50 vir 25 lappies), Johnson’s Face Care Refreshing Facial Cleansing Wipes (R45 vir 25 lappies) of Simple Kind To Skin Cleansing Facial Wipes (R47 vir 25 lappies).