FOTO: Elmari de Vos

Ons hou van

Woensdagwenk: Pastelle is wárm

Pastelskakerings was een van die grootste tendense by die afgelope modeweke in die Noordelike Halfrond. Ons sien ook in ons skoonheidstoor dat dié skakerings gewild raak, veral as naellak! Maak daarom seker dat jy nou die lente se sagte romanse vier met ’n sagte skakering van pastel op jou naels.

Lus om waaghalsig te wees? Probeer ’n skakering van groen, blou, turkoois of geel op jou naels. Of as jy eerder veilig wil speel, kan jy eerder neutrale skakering soos oranje of pienk probeer.

Kenners meen dat as jy ‘n blou veltoon het, kleure met ‘n blou ondertoon goed werk by jou vel. En indien jou veltoon geel is, kies ‘n kleur met ‘n geel ondertoon.

Pastelrok van die ontwerpershuis Two. FOTO: Simon Deiner / SDR Photo

Pastelrok van die ontwerpershuis Two. FOTO: Simon Deiner / SDR Photo

Pastel-inspirasie op SARIE se pinterest-bord

pastel

Pastelkleurige klere in die SARIE-winkel:

 

 

En vir jou huis