Ons hou van

Woensdagwenk: Put inspirasie uit vorige dekades

Die aktrise Gwyneth Paltrow verskyn in die skoonheidshuis Max Factor se nuutste advertensieveldtog as ikoon uit onderskeidelik die 50’s, 60’s, 70’s en 80’s. Put vandeesweek inspirasie uit dié vier dekades se kenmerkende skoonheidsvoorkomste.

Die 50’s

Tydens die vyftigerjare was ’n sagte, vroulike voorkoms baie gewild. Ikone soos Audrey Hepburn en Marilyn Monroe het dié voorkoms vervolmaak met ’n foutlose gelaat, rooi lippe en die katoog-voorkoms.

Só lyk Gwyneth Paltrow as skoonheidsikone uit vorige dekades

Probeer: Lancôme Rouge In Love High Potency Lipcolor in Rouge Saint Honoré (R295) en Maybelline Clear Smooth All In One Shine Free Cake Powder (R80).

Die 60’s

Skoonheidsvoorkomste tydens die sestigerjare is gekenmerk deur groot beklemtoonde oë en natuurlike lippe. Kry Brigitte Bardot se groot oë deur ’n wit oogpotlood op die waterlyn van jou oë te gebruik en baie maskara aan jou boonste en onderste wimpers aan te wend.

Probeer: Revlon Photoready Kajal Intense Eyeliner + Brightener in Blue Nile (R130) en Rimmel ScandalEyes Retro Glam Mascara in Black (R110).

Die 70’s

Wie sal ooit Farrah Fawcett se bekende krulhare kan vergeet? Kry die 70’s-voorkoms met natuurlike hare, middelpaadjies en grimeerskakerings wat glinster.

Probeer: John Frieda Luxurious Volume Blow-Dry Lotion Root Booster (R95), en Chanel Les Beiges Healthy Glow Multi-Colour SPF 15 (R805) wat ’n verbronser, verligter en blosser in een bevat.

Flieks gee lewe aan skoonheid die dekades deur

Die 80’s

Put inspirasie uit die tagtigerjare as jy hou van ’n meer gewaagde voorkoms. Neonkleurige lipstiffies en oogskadukleure wat bots was gróót, asook naellak met helder kleure en wilde patrone – kyk net na Madonna.

Probeer: Avon True Colour 8-in-1 Eyeshadow Palette in The Metallics (R170) en Elegant Touch Nails House of Holland Press On Nails in Tweed (R90).

Lancôme Rouge In Love High Potency Lipcolor in Rouge Saint Honoré (R295)

Maybelline Clear Smooth All In One Shine Free Cake Powder (R80)

Rimmel ScandalEyes Retro Glam Mascara in Black (R110)

Revlon PhotoReady Kajal Intense Eyeliner + Brightener in Blue Nile (R130)

John Frieda Luxurious Volume Blow-Dry Lotion Root Booster (R95)

Chanel Les Beiges Healthy Glow Multi-Colour SPF 15 (R805)

Avon True Colour 8-in-1 Eyeshadow Palette in The Metallics (R170)

Elegant Touch Nails House of Holland Press On Nails in Tweed (R90)

Kry Audrey Hepburn se styl in 5 stappe!