FOTO: Leana Clunies-Ross
Ons hou van

Woensdagwenk: Vermy dié vir ’n mooi vel

Ons het dit al soveel keer gehoor, maar een velsorgfout wat jy nóóit moet maak nie, is om met jou grimering te gaan slaap, sê Duncan Pape, ’n stilis en skoonheidskonsultant by Langaro Lifestyle Centre in Kaapstad.

“Dit dehidreer jou vel, veroorsaak verstopte porieë en voorkom dat jou vel asemhaal. Jou vel se spitstyd vir herstel is in die nag terwyl jy slaap. Dis belangrik om dié proses aan te help deur jou vel te reinig voordat jy gaan slaap, selfs al kom jy twee-uur in die bed ná ’n partytjie.”

Lees die ander wenke vir vandag hier: