skoonheidsprodukte vervaldatum
Ons hou van

Woensdagwenk: Wanneer verval jou skoonheidsprodukte?

Het jy geweet jou skoonheidsprodukte verval nadat dit vir ’n sekere tydperk oop was? Dit werk dan nie meer so goed soos dit moet nie. 

Kyk uit vir die universele simbool op jou produkte wat aandui hoe lank jy dit behoort te gebruik. Die simbool lyk soos ’n potjie met ‘n oop deksel. In die ‘potjie’ is ‘n syfer gevolg deur die letter ‘m’ wat wys vir hoeveel maande jy die produk kan gebruik.

Op die foto’s kan jy sien jy moet dié produkte ná onderskeidelik 24 maande, 12 maande en 18 maande (foto regs bo) uitgooi.