FOTO: Liesl du Toit

Ons hou van

Woensdagwenk: Wend jou oogpotlood perfek aan

Om die perfekte fyn lyntjie met ’n oogpotlood teenaan jou wimperlyn te trek, verg baie oefening. As jy nie die oogpotlood teen die regte hoek hou nie, is daar dikwels ’n gaping tussen die lyntjie en jou wimperlyn.

Probeer volgende keer dié maklike manier:

  • Lig jou ooglid effens met jou vinger
  • Gebruik dan jou ander hand om die oogpotlood letterlik tussen jou wimpers aan te wend (dus nie bo-op die wimperlyn nie)
  • Dit voel bietjie ongemaklik, maar hoe meer jy oefen, hoe makliker word dit
  • Trek die lyntjie van buite na binne, stukkie vir stukkie, tot in die binneste hoek van jou oog.

Wenk: Gebruik ’n oogpotlood met ‘n sagte punt. Dit sal makliker aanwend.