verbloemer
Ons hou van

Woensdagwenk: Só wend jy verbloemer aan

Wanneer jy ’n verbloemer (concealer) gebruik, moet dit nie aanvryf nie. Deur dit aan te tik met jou vinger, versteek dit merkies en knoppies meer doeltreffend.

Waar om verbloemer aan te wend:

  • Op enige merkies en knoppies wat jou pla.
  • Rondom jou neus omdat jou vel hier soms rooi is.
  • Onder jou oë om donker kringe weg te steek.
  • Op jou ooglede omdat die vel hier dikwels donkerder is as die res van jou gesig.