Vyf vars lente-geure
“Wie is ek en wie wil ek wees?” Dit was die fundamentele vraag wat Domenico Dolce en Stefano Gabbana gevra het toe hulle met hul nuutste parfuumversameling vorendag gekom het.
Vyf heerlike nuwe geure maak hierdie lente hul verskyning. In hierdie nuwe parfuum-versameling van D&G is daar ʼn geur vir elkeen: twee vir vroue, twee vir mans en een vir mans en vroue.
Hul L’Impératrice 3-geur (R720 vir 100 ml EDT) vir vroue, waarvan Naomi Campbell die gesig is, is ʼn vermenging van onder meer kiwi- en waatlemoen-note en is ʼn uitspattige en energieke parfuum.
Maar ons kan nog nie te veel verklap nie! Hou SARIE se November-uitgawe dop vir nog opwindende nuus oor hierdie reeks.
Verwante artikels
-
Claudia Schiffer praat eksklusief met SARIE
SARIE - November 2009
Haar gesig het al op meer as 500 voorblaaie verskyn. Nou is die Duitse model Claudia Schiffer op 39 die gesig van ’n splinternuwe geur vir D&G.


















Kommentaar