'n Jaar van sensueel wees gevier
Dis presies ʼn jaar sedert Estée Lauder se nuwe parfuum, Sensuous, bekend gestel is en hierdie verjaardag word gevier met nog nuwe maniere om sensueel te wees: soos ʼn fluweel-lyfroom, ʼn lyfolie en ʼn soliede parfuum.
Sensuous was die no. 1- nuwe geur in 2008 en as jy die houtagtige en amber-geure ruik, verstaan jy hoekom: dit is tydloos, vroulik en misterieus.
Probeer hierdie nuwe toevoegings tot die reeks:
Sensuous Velvet Body Crème (R745 vir 200 ml)
ʼn Dekadente, fluweelagtige lyfroom wat opknap en bevog.
Sensuous Sheer Body Oil (R745 vir 100 ml)
ʼn Moderne lyfolie geïnspireer deur die vroulikheid van ʼn gloeiende vel.
Sensuous Compact Necklace (R2 900)
ʼn Soliede parfuum wat jy direk op jou polse, décolletage of agter jou ore kan smeer – baie verleidelik.
■ Hierdie nuwe produkte is beskikbaar vanaf 7 September 2009.
Kyk na kort onderhoude met Elizabeth Hurley, Carolyn Murphy en Hilary Rhoda.
Verwante artikels
-
Sensueel soos ’n kraakwit hemp
SARIE - November 2008
Marilyn Monroe kon ’n vertrek tot stilstand bring – maar sensualiteit is meer as kurwes en rooi lippe. Dit skuil in selfvertroue en wysheid; in ’n goeie rooiwyn en ’n varswit hemp. Ook in ’n geur ...
-
Supermodel Hilary Rhoda se wêreld van glans
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 1
Lank, slank en so Amerikaans soos appeltert en room: Op 22 het Hilary Rhoda die modewêreld aan haar voete. As daar ook teleurstellings en hartseer is, verklap dié 5 voet 11-supermodel niks nie



















Kommentaar