Franse gesig vir Franse skoonheidshuis
Foto’s: Verskaf Galery
L’Oréal Paris het 'n nuwe gesig!
Dié keer is die nuwe verteenwoordiger 'n boorling van Frankryk, nes die skoonheidshuis self. Inès de la Fressange (52), die eerste Franse model wat internasionaal bekend was, weerspieël Franse sjiek en styl.
Sy het op 17 begin modelwerk doen en het gou op die loopplank verskyn vir ontwerpers soos Kenzo, Jean-Paul Gaultier en Christian Lacroix. Sy was ook jare lank Karl Lagerfeld se muse by Chanel.
As L’Oréal-woordvoerder sluit Inès aan by 'n lys ander bekendes soos Beyoncé Knowles, Rachel Weisz, Gwen Stefani, Andie MacDowell en Gerard Butler.
Verwante artikels
-
Aktrise Diane Kruger - die nuwe gesig van L’Oréal
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Aktrise Diane Kruger is pas aangewys as een van die nuwe gesigte van L’Oréal.
-
Gwen Stefani is die nuwe gesig van L'Oréal Paris
SARIE - Januarie 2011
"Ek kan nie glo dat ek een van die L'Oréal Paris-meisies gaan wees nie!" het Gwen Stefani aan PEOPLE magazine gesê.
-
L’Oréal-familie se nuwe gesig!
SARIE - Januarie 2011
Sy is ’n suksesvolle sangeres, mode-ontwerper en styl-ikoon, en nou is Gwen Stefani ook die nuwe gesig van L’Oréal Paris.
-
Nuutste L’Oréal gesig uit Afrika
L’Oréal Paris is ’n gesig ryker!
-
The Good Wife-aktrise nuwe gesig van L'Oréal
SARIE September 2010
Julianna Margulies, Emmy-wenner vir haar rol in die treffer-TV-reeks The Good Wife, is pas aangewys as die nuwe gesig van skoonheidshuis, L'Oréal Paris se teenverouderingsvelsorgreeks, RevitaLift.
















Kommentaar