Helder grimeerkleure vir winter
Gedink pers, groen en oranje is net vir die waaghalsiges? “Dink weer,” sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe.
Sy beveel aan dat jy dié winter jou grimeerpalet aanvul met helder kleure om jou voorkoms én gemoed te lig.
"Ons sien nou diep skakerings soos mosgroen, bottelgroen en burnt orange – baie soos wat jy in die natuur kry. Dis glad nie roomys-skakerings nie. In die winter dra ons donkerder klere, dikwels ’n swart jas of grys serp, en daarom is dit die ideale geleentheid om jou grimering kleur te gee. Dis ook sielkundig – ons vel is bleker en daarom soek ons kleur,” verduidelik sy.
Belê dus in helderkleurige grimering soos Eyeshadow Powder in Tropical Heat van Kangol (R65).
Verwante artikels
-
"Dít kry my deur die dag" - skoonheidkenners verklap hul kan-nie-daarsonder-nie-produkte
SARIE Maart 2010
Skoonheidkenners vertel van hul één noodsaaklike produk. Niks kan jou onderkry met skoonheidsprodukte wat nuwe woema gee nie.
-
Die nuwe rooi reëls . . .
SARIE - Oktober 2009
















Kommentaar