Skoonheidskenner sê: Kleur jou winter
Aaron de Mey, Lancôme se grimeerdirekteur, se nuwe grimeerreeks, Declaring Indigo, is geïnspireer deur passievolle Franse vroue soos Simone de Beauvoir en Brigitte Bardot.
Die helder blou, rooi en goue kleure se wortels lê in die kleure van die Paryse wapenskild.
Oë kry kleur met ’n diep indigo en word verhelder met ’n tikkie goud in Lancôme La Palette Liberté in Bleu Royauté (R420). Naels trek ook aandag in indigo met Lancôme Le Vernis in Indigo Paris (R340) – wat Aaron die Franse Revolusie-manikuur noem.
“Slegs deur jouself van reëls te bevry en grense te verskuif kan jy werklik innoverend wees. Die soeke na vryheid en visie motiveer my,”sê hy.
- Foto van Gallo Images/Getty Images
Verwante artikels
-
Kry só 'n volmaakte gelaat
SARIE - Junie 2010
Terry Barber, die skoonheidshuis M.A.C se internasionale grimeerdirekteur, sê vir hom is die perfekte gelaat die belangrikste stap in jou skoonheidsroetine.
-
Vir sexy lippe
SARIE - Junie 2010
Gucci Westman help nie net Hollywood se bekendste vroue om op hul beste te lyk nie – sedert April 2008 is sy ook Revlon se wêreldwye kunsdirekteur.



















Kommentaar