'n Stylvolle jaar
Foto’s: Kenneth Willardt Galery
Dit is drie jaar sedert die gesogte Maybelline Limited Edition Calendar geloods is, en die 2012- uitgawe is die helderste een nog!
Die inspirasie vir vanjaar se kalender is klassieke New York-beroepe. Die modelle is gegrimeer deur die Maybelline-grimeerkunstenaar Charlotte Willer, en die stilering is gedoen deur Patricia Field, wat op die stel van Sex and the City gewerk het.
’n Beperkte hoeveelheid van dié pragtige kalenders word elke jaar gedruk. Die 40 lande wat die topverkopers van Maybelline-produkte is, kry elk 10 kalenders wat as inspirasie in die mode- en skoonheidsbedryf kan dien. Dit is nie in die handel beskikbaar nie.
Verwante artikels
-
Fanie is by die New York Modeweek 2011
SARIE - Maart 2011
Dit was 'n droom van hom! En nou het Maybelline New York dit vir hom moontlik gemaak deur SARIE 'n eksklusiewe sitplek in die voorste rye by die New York Modeweek te gee.
-
Nuwe gesig vir Maybelline
SARIE Mei 2012 | Kommentaar: 1
Die model, Charlotte Free, is die nuutste toevoeging tot die Maybelline-familie!






















Kommentaar