Chanel te kies en te keur

Deur Liesl du Toit, SARIE Julie 2011

Chanel te kies en te keur Foto’s: Chanel Galery

Hul grimering is tydloos, klassiek en 'n inspirasie, en nou kan jy uitsien na 'n hele boetiek vol van dié lipstiffies, oogskadus, naellak en nog meer!

Hoewel Chanel se grimering reeds by uitsoektakke van Edgars beskikbaar is, open 'n nuwe, groter boetiek (55 vierkante meter) in Augustus by Edgars in die Clearwater Mall in Roodepoort.

Daar is reeds 'n Chanel-boetiek by Edgars in die V&A Waterfront in Kaapstad.

Die nuwe boetiek sal ook die eksklusiewe Chanel-parfuumreeks, Les Exclusifs, verkoop.

Verwante artikels

  • Anderse oogomlyner

    Anderse oogomlyner

    SARIE Junie 2011

    Skoonheid kán waaghalsig wees! Só bewys Chanel met hul nuutste grimeerreeks, Les Aquarelles de Chanel.

  • Boetiek-sjiek oogskadu met Chanel

    Boetiek-sjiek oogskadu met Chanel

    SARIE April 2012

    Die CHANEL-modeboetiek in Avenue Montaigne in Parys, Frankryk trek ’n nuwe baadjie aan, en hul kreatiewe bestuurder, Peter Philips, het ’n splinternuwe oogskadu-palet ontwerp vir dié geleentheid.

  • Dompel jou in Coco

    Dompel jou in Coco

    SARIE November 2011

    Chanel is net so bekend vir parfuum as vir mode, en nou kan jy jou hele lyf omvou in een van dié modehuis se bekendste geure: Coco.

  • Sagte hare en grimering by CHANEL-modevertoning

    Sagte hare en grimering by CHANEL-modevertoning

    SARIE April 2012

    Sagte, natuurlike grimering en haarstyle het geheers by die onlangse CHANEL Herfs/Winter 2012/2013 modevertoning by die Grand Palais in Parys

Galery

  • 'n Idee van die nuwe Chanel-boetiek wat in die Clearwater Mall in Roodepoort oopmaak
  • Die boetiek gaan spog met 'n groot verskeidenheid Chanel-parfuums en -grimering
  • Die nuwe boetiek gaan die ekslusiewe Chanel-parfuumreeks, Les Exclusifs, verkoop
  • Die nuwe boetiek is die tweede in Suid-Afrika
  • Die nuwe boetiek gaan 55 vierkante meter wees

Kommentaar