Thierry Mugler se nuwe engele
Liefhebbers van Thierry Mugler se gewilde parfuum Angel ken dit as 'n unieke en eiesoortige geur.
Daarom dat hy ook gekies het om die verleidelike kant van die parfuum te vier deur die aktrise Eva Mendes as die nuwe gesig van die parfuum te kies. Eva is bekend vir haar rolle in flieks soos Hitch, We Own the Night en Training Day.
Angel is in 1992 bekend gestel en is al verteenwoordig deur vroue soos die Amerikaanse model Jerry Hall, die Italiaanse model Bianca Balti, die Hongaarse model Annamária Cseh, die Australiese aktrise Naomi Watts en die oorspronklike gesig van die parfuum, die Franse model en aktrise Estelle Lefébure.
Onlangs is die Suid-Afrikaanse atleet Oscar Pistorius as die gesig van die manlike weergawe van Angel, A*Men, aangekondig.
Verwante artikels
-
Naomi Watts - die gesig van 'n opwindende somergeur
SARIE - September 2009
Aktrise Naomi Watts speel die engel vir Angel Sunessence (R780 vir 50ml EDT) - die somer weergawe van hierdie gewilde vanielje-parfuum.
-
Oscar Pistorius is parfuum se superheld
Hoe het dit gebeur dat ons ‘Blade Runner’ nou ook die gesig van ’n wêreldbekende parfuum is? Dis ’n unieke storie – nes Oscar Pistorius se eie lewe.
















Kommentaar