Ontdek jou innerlike skoonheid
Foto’s: Verskaf Galery
Elke vrou is beeldskoon op haar eie manier. Jy moet net weet waarvandaan jou skoonheid kom. Die Amerikaanse grimeerkunstenaar en motiveringspreker Michelle Phillips vat jou in haar nuutste boek op ’n ontdekkingsreis na skoonheid
The Beauty Blueprint: 8 Steps to Building the Life and Look of Your Dreams (Hay House, R175,95) is nie net ’n boek nie, maar ook ’n praktiese, toeganklike gids vir vroue van alle ouderdomme.
Michelle help jou om jou lewe stuk vir stuk te ontleed; van jou verhoudings met die mense om jou, tot jou loopbaan en finansies, en hoe jy aantrek en jou grimering aanwend.
Sy help jou om te besef hoe jy werklik oor jouself voel, en wat jy kan doen om dié siening te verbeter en jou volle skoonheidspotensiaal te bereik.
Verwante artikels
-
'n Jong, gesonde jy
SARIE September 2011
Die geheim tot ’n jonger, gesonde vel en lyf is om reg te eet. Só sê dr. Nicholas Perricone, ’n Amerikaanse dermatoloog en spesialis in teenveroudering.
















Kommentaar