Pers naels vir die lente
'n Vinnige en prettige manier om uit jou winterkokon te ontwaak is met 'n opwindende naelkleur - dis vinnig, maklik en goedkoop.
"Naels is hierdie lente pers en pienk vanweë die groot punk-invloed wat daar tans in die grimeerwêreld is," vertel grimeerkunstenaar Liz van der Merwe.
"Pers is veral ideaal, want dit lyk mooi by alle velkleure en is die perfekte oorgang tussen die winter se donkerrooi en swart, en die geel, pienk en oranje wat ons in die somer gaan sien. Pers gee jou lewe 'n bietjie skop met 'n rock and roll-gevoel!
Probeer SpaRitual Nail Lacquer in Shoot ForThe Stars (R105), wat organies is en saam met sy eie gelukbringer kom, Essie in Splash of Grenadine (R62,64), Rimmel 60 Seconds in Fast & Fuchsia (R49,95) of Chanel Nail Colour in Rose Insolent (R235).
Verwante artikels
-
Herfs op jou naels
SARIE Maart 2010
Die nuutste grimeerreeks deur Chanel se Peter Philips is geïnspireer deur foto-afdrukke wat Coco Chanel agtergelaat het.
-
Kleur jou naels vir woema
SARIE September 2010
Essie is passievol oor naels!
-
Wit naels
SARIE - Oktober 2009
Chanel se wêreldwye kreatiewe direkteur, Peter Philips, boots die kleure van Venesië na in sy jongste grimeerreeks.
















Kommentaar