Perfekte wimpers met slim tegnologie
Nou kan ook jy lyk asof jy van die loopplank afgestap het met Dior se nuutste maskara.
Eers was dit vibrerende maskaras wat die skoonheidswêreld laat gons het. Nou het Dior een stappie verder gegaan en die beste grimeerkunstenaars se wenke en tegnieke in een maskara gekombineer.
Hierdie maskara-borsel roteer 360° om jou wimpers lengte, krul en volume te gee. Maar dis nie al nie, die maskara-borsel doen letterlik al die aanwendingswerk vir jou en voer verskeie ander bewegings uit met die druk van 'n knoppie, soos sigsag-, reguit- en spiraalbewegings.
Die formule bevat ook 'n waks wat net soos gewone haarwaks te werk gaan om jou wimpers definisie te gee. Nou kan jy blitsig jou wimpers in jou beste bate verander.
Diorshow 360 (R415) is reeds by uitsoektakke van Edgars beskikbaar.

Verwante artikels
-
Charlize oor Dior J'adore
SARIE Januarie 2010
Charlize is al ses jaar lank die gesig van Christian Dior se “goue” parfuum, J’adore. Sy vertel oor haar 'liefdesverhouding' met dié geur.
-
Dior se tydlose geure
SARIE - Julie 2009
Christian Dior het parfuum deur die oë van ’n modeontwerper gesien.
-
Marion Cotillard is die gesig van die Lady Dior-handsak
Dié Oscar-wenner, bekend vir haar rol as Edith Piaf in La Vie en Rose, gaan oor die volgende 2 jaar in 4 Dior-kortflieks speel
-
Middernag-blou grimering
SARIE Augustus 2011
In 1949 het Christian Dior ’n rok ontwerp wat vandag steeds as legendaries beskou word – die Junon - wat nou as inspirasie vir hul nuutste grimering dien.
-
Tropiese naels en lippe
Blompatrone en eksotiese borduurwerk in helder kleure was volop te sien by Dior se onlangse modevertoning, en dié nuwe reeks het ook gedien as inspirasie vir nuwe, parmantige grimeer-skakerings: Dior Electric Tropics.


















Kommentaar