Somerwenke vir jou hare

Deur Liesl du Toit, SARIE Januarie 2012

Somerwenke vir jou hare Foto’s: Verskaf Galery

Droë, vaal hare word gewoonlik met winter geassosieer, maar die elemente van somer kan ook jou hare skade berokken. Eloise Redelinghuys, ’n plaaslike haarstilis, deel 5 wenke vir mooi hare dié somer. 

Ultraviolet-strale (UV-strale) is skadelik vir die buitenste laag van jou hare. Maak seker dat jy in die somermaande haarprodukte gebruik wat ’n UV-filter bevat om jou hare teen die son te beskerm.

* ’n Hoed is ’n goeie manier van beskerming vir jou hare. Kry ’n styl wat by jou gesig pas, dan is jy sommer in die mode ook!

* Humiditeit is in die somer jou hare se vyand. Beveg die frizz wat dit veroorsaak met ’n goeie haarserum.

* Moenie bang wees om jou hare natuurlik te dra nie. Behou die natuurlike golwe in jou hare en probeer om jou haardroër of krultang so min as moontlik nader te trek. Die hitte van dié toestelle vererger krullerigheid.

* Spoel liefs jou hare af nadat jy in die see of swembad gebaljaar het. Die minerale, soute en swembad-chloor is skadelik vir jou hare.

Verwante artikels

  • 'n Faux bob

    'n Faux bob

    SARIE Februarie 2012

    As jy geheg is aan jou lang lokke, maar nog altyd ’n korter styl wou probeer sonder dat die haarkapper aan jou hare sny, is die nuutste Hollywood-gier jou perfekte oplossing!

  • Eerste stilis vir VO5 in SA

    Eerste stilis vir VO5 in SA

    SARIE Februarie 2012

    Jy ken al lankal VO5 se haarprodukte, en nou stel hulle hul eerste plaaslike haarstilis bekend

Kommentaar