Son sonder skade
Nie net kan jy deesdae die son (altyd matig!) geniet sonder om te brand nie – nou kan jy ook kies watter skakering van bruin jy wil wees – sonloos!
Piz Buin se Self Tanning Lotion + Colour Dial (R200) kan op allerlei vlakke gestel word om 'n bruin vel te verkry wat by jou natuurlike velkleur (en bui!) pas.
En moenie vergeet om die Piz Buin Sunband SPF 20 (R56) in jou vakansietas te gooi nie – hierdie sonbrandroom kom in 'n "armband"-botteltjie en is dus altyd byderhand. Onthou om dit dikwels aan te smeer!
Verwante artikels
-
Oorleef die feestyd: wees veilig in die son
SARIE - Desember 2009
Dis tyd vir son en saffier, ontspan, eet en geniet! Hoe keer jy die olikheid ná die vrolikheid?
-
Son-vriendelik en slim
SARIE - Oktober 2009
Die weelde van somerson verdryf die winterkoue finaal, gee nuwe energie en maak jou lus vir die lewe. Maar jy moet jou sonstorie ken om die nadele te vermy. Debbie D'Aquino, adjunk-president van produkontwikkeling by Clinique, gee die feite.
-
Sonskerm in 'n armband
SARIE - Oktober 2009
Hoe heerlik om die son se strale warm op jou vel te voel. Geniet dié somer die son se warmte sónder die skade.



















Kommentaar