Voller wimpers vir jeugdiger oë

Deur Mariska van Rooyen, Lydia van der Merwe, SARIE Maart 2010

Lang, vol wimpers laat jou oë jare jonger lyk.

Latisse, 'n middel wat die wimpers verleng, verdik en donkerder maak, is onlangs deur die Amerikaanse Raad op Voedsel en Medisyne goedgekeur. Dis plaaslik nog net te kry as oogdruppels vir gloukoom of drukking in jou oogbal (Allergan Lumigan).

Die wimpers van Lumigan-gebruikers het skielik as newe-effek begin groei. Die vervaardigers het toe bloot die naam en verpakking verander en 'n kwassie bygesit en bemark dit nou oorsee as 'n (baie duurder) skoonheidsproduk. Jy kan ná sowat 'n maand se gebruik resultate begin sien.

Dis belangrik om Latisse versigtig op jou ooglede te smeer. Moenie dat dit in jou oë kom nie – op lang termyn kan dit blou oë na bruin verander! Lumigan kos sowat R300. 'n Soortgelyke produk, MD Lash Factor (sowat R1 300), is te kry by kosmetiese sentrums (spa's en salonne waar dokters betrokke is) soos Vivacité Medical Spa (www.vivacite.co.za) in Pretoria. 

Kyk ook uit vir die L'Oréal se nuwe Renewal Lash Serum (R169,95), nog 'n produk wat wimpergroei stimuleer.

Verwante artikels

  • 'Vals' wimpers sonder moeite

    'Vals' wimpers sonder moeite

    SARIE - Augustus 2009

    Die dae van vals wimpers is getel, want jou nuwe maskara kan nou jou wimpers al die woema gee wat jy nodig het!

  • Alles in een

    Alles in een

    SARIE - April 2010

    Maskara is tans die skoonheidswêreld se sexyste grimeer-nommer.

  • Julia Roberts se beste skoonheidsraad

    SARIE - Mei 2010

    "Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys." - Julia Roberts, aktrise

  • Lancôme-maskaras - Het jy geweet?

    Lancôme-maskaras - Het jy geweet?

    SARIE - Mei 2010

    Julia Roberts het onlangs vir die eerste keer die gesig van 'n skoonheidshuis geword.

  • Vintage wimpers

    Vintage wimpers

    SARIE - Junie 2009

    Kies 'n maskara wat beproef is, jou wimpers ryk afrond en definieer, jou sak pas en só "beroemd" is dat dit selfs op modeslaaf Carrie Bradshaw van Sex and the City se spieëltafel pryk.

Kommentaar