Skoonheid

Ons toets: Shiseido se verouderingsroom

Shiseido Bio-Performance Advanced Super Restoring Cream.Shiseido Bio-Performance Advanced Super Restoring Cream.

“Hierdie vogroom het my aangenaam verras. Ná slegs twee weke se gebruik, soggens en saans, kon ek die verskil aan my vel sien én voel. Jy skep die room met ’n klein spatel (spatula) uit en daarom gebruik jy ook minder. Die ryk, romerige tekstuur trek vinnig in my vel in en laat dit sysag en bevogtig voel. Die produk werk aktief om jou vel ferm te hou en dit jonger te laat lyk. My vel reageer beslis positief op die room en ek sal aanhou om dit te gebruik.”

Phyllis Green.

– Phyllis Green, SARIE se senior-fotograaf en boekeredakteur