Charis Labuschagne
Skoonheid

Op jou mooiste: Jou parfuum ontsyfer

Jou gunsteling-geur bevat verskillende bestanddele, waaronder parfuumolie. Dit is dié olie wat sorg vir die heerlike reuk. Afhangende van of jou geur ‘n EDP, EDT of EDC is, bevat dit verskillende konsentrasies olie – en dít het ‘n invloed op hoe sterk jou parfuum ruik en hoe lank dit op jou vel hou.

EDP staan vir Eau de Parfum en bevat ‘n hoër konsentrasie olie as EDT en EDC (tussen 8% en 15%). Dit beteken die geur is sterker en gaan langer op jou vel hou. EDP is ook gewoonlik duurder as EDT en EDC.

As jy van ’n ligter parfuum hou, is ’n EDT of Eau de Toilette ideaal. Dit bevat tussen 4% en 8% olie.

EDC of Eau de Cologne bevat die laagste konsentrasie olie (2% tot 4%) en is ‘n baie ligte geur. Omdat dit nie so lank op jou vel hou nie, is dit heerlik om in die somer te gebruik – jy kan dit gereeld deur die dag aanspuit.

BRON: Fragrance Foundation