rubybox_lash_card_small_
Skoonheid

Perfekte wimpers sonder moeite

Lash Card (R70 by rubybox.co.za) is ’n kartonkaart wat jy oor jou ooglid hou wanneer jy maskara aanwend. Die kaart is in die vorm van jou ooglid gesny om maskara-aanwending te vergemaklik én dis dun genoeg om in jou ooghoeke te pas.

So word probleme soos merke op jou ooglede, wimpers wat aanmekaar vasplak, lae maskara, wimpers wat moeilik is om met die borseltjie te bereik, onderste wimpers en herhaalde aanwending van maskara opgelos!

Die Lash Card word verkoop in ’n stel van 10 individueel verpakte kaarte om te verseker dat dit higiënies en maklik om te gebruik is. Elke kaart het twee kurwes – jy kies die kant wat die beste maat vir jou oogvorm is.

Stap vir stap: Gebruik dit só

Stap 1: Maak die pakkie oop en soek die kurwe wat die beste by jou ooglid pas.

Stap 1: Maak die pakkie oop en soek die kurwe wat die beste by jou ooglid pas.

Stap 2: Druk die kaart liggies teenaan jou wimpers. Dis makliker as jy eers jou wimpers gekrul het!

Stap 2: Druk die kaart liggies teenaan jou wimpers. Maak seker jy werk versigtig, want wimpers is van die sensitiefste hare op jou lyf. Dit werk makliker as jy eers jou wimpers gekrul het.

Stap 3: Wend nou maskara aan soos altyd!

Stap 3: Wend nou maskara aan soos altyd.

Kyk net hoe maklik!