FOTO Instagram / @gigihadid

Skoonheid

Rooi lippe is wéér groot dié somer

Dié somer is die 50’s se rooi lippe wéér op die voorgrond. Ook die 60’s se bonkige Twiggy-wimpers, maar nou met ’n moderner aanslag.

Alles of niks. Dís die twee boksies waarin somer se grimeertrends netjies pas, volgens Raine Tauber, senior grimeerkunstenaar van die grimeerhuis M.A.C. Kleur word in oordaad op jou oë of lippe gebruik en wimpers is dramaties, óf jou grimering is skaars sigbaar.

FOTO Verskaf deur Chanel

FOTO Verskaf deur Chanel

Dít is hoe rooi lippe nou lyk:

Nostalgiese inspirasie: ’n Helderrooi skakering se perfekte pasmaat is dikwels sagte rokerige oë of oë wat sterk omlyn is met ’n vloeibare oogomlyner.

Die moderne kinkel: Dra jou rooi lippe saam met so min as moontlik grimering. Gebruik ’n bietjie onderlaag om die nodigste te verbloem, wend ’n paar lae maskara aan en rond af met jou rooi lipstiffe. Vanjaar se rooi het ’n effense oranje ondertoon. Glans- of mat-skakerings, albei is ewe in die kol.

Rooi lippe laat jou jonger lyk – dis hoekom! Klik hier.

Habits se kimono-styl jas soos dit verskyn in die modestorie in SARIE se November 2015-uitgawe. FOTO: Justin Badenhorst van Supernova. Model: Madaleen van Boss Models

Habits se kimono-styl jas soos dit verskyn in die modestorie in SARIE se November 2015-uitgawe. FOTO: Justin Badenhorst van Supernova. Model: Madaleen van Boss Models

– Kry ons Oktober-uitgawe om Somer 2016/2017 se grootste trends te sien.

Lees nou

Rooi lippe vir jonger lyk!

Bang vir rooi lippe? Aikôna, hier’s wenke!

Kies die regte rooi vir jou lippe só