img_1572
Skoonheid

Skep jou winternaels só

Charis Labuschagne, skoonheidsredakteur:

SARIE se skoonheidredakteur, Charis Labuschagne.

As jy ’n donker kleur op jou naels gebruik, onthou om eers ’n basislaag aan te wend. Dit sal keer dat die naellak jou naels verkleur.
In die winter dra ek gewoonlik klere in neutrale skakerings. Dit is hoekom ek daarvan hou om ’n naellak met ’n helder kleur te gebruik. Dit kikker my voorkoms onmiddellik op!
Mavala in Trinidad (R64)

So lyk Mavala in 301 Trinidad (R64) op Charis se naels.

Liesl du Toit, skoonheidsassistent:

Liesl du Toit is SARIE se skoonheidassistent.

Wag sowat twee minute vir ’n laag naellak om droog te word voordat jy die volgende een aanwend. Die vorige laag is dan droog genoeg sodat ’n nuwe een klou.
Ek is mal oor ’n naakkleurige (nude) skakering vir winter omdat dit nie bots met die neutrale klere wat ek aantrek nie, maar steeds sorg vir genoeg kleur op my naels.
Nails Inc Nail Polish in Porchester Square (R110), beskikbaar by Edgars en Red Square

Liesl hou daarvan dat Nails Inc Nail Polish in Porchester Square (R110) by die neutrale klere in haar winterkas pas. 

Elmari de Vos, skoonheid-intern:

 Elmari de Vos, die skoonheid-intern by SARIE.  

My gunsteling-naellak vir die winter is aardse kleure, soos bruin en wynrooi. Boonop is een laag dikwels voldoende. Ongelukkig kleur dit maklik ook die velletjies teen jou naels, veral as jy ’n bewerige verfhand het!
Doop ’n wattestokkie in naellakverwyderaar nadat jy jou naels geverf het en vryf die velletjies skoon met die stokkie.
Lancôme Vernis in Love in Rouge Reglisse (R175)

 Dis hoe Lancome Vernis in Love in Rouge Reglisse (R175) op Elmari se naels lyk.