ch_leau_edt_80ml_with_pink_background_editkleiner
Skoonheid

Skoenmeesters maak nuwe parfuums

Love Fury Kiss deur Nine West (R495 vir 50 ml EDP)

Die geur van mandaryn, lietsjie en groen appels komplementeer die vars aroma van jasmyn en kamferfoelie. Die onderste note van amberhout en muskus rond die parfuum af as een van Nine West se elegante moet-hê-items! Om nie te praat van die proppie wat die ontwerper se spykerhakke weerspieël nie!

Flash deur Jimmy Choo (R795 vir 60 ml EDP)
So begeerlik soos ’n paar Jimmy Choo-skoene… Dié parfuum se boonste note van aarbei, nartjie en pienkpeper verskyn net-net saam met die geur van soetemaling, jasmyn en wit lelies. Met houtnote in die basis is dié parfuum nie net begeerlik nie, maar ook sensueel.

Prada Candy L’Eau (R795 vir 50 ml EDP)
Spelerig, helder en vars… Candy L’Eau vang dieselfde gevoel as Prada se modereekse vas met die vars note van sitrus en blomme terwyl die wit muskus en karamel in die basisnote die parfuum soet en warm op jou vel laat voel.