sr1002skoonheid_26_
Skoonheidstories

1-2-3 Grimering

Grimering is nie net nog ’n takie op jou moet-doen-lysie nie.  Jy wil tog heeldag op jou mooiste lyk − ook op kantoor.
“Én dit moet pret wees,” sê grimeerkunstenaar en model Adelle Jung.
Dis veral as model dat sy druk ervaar om elke dag goed te lyk. Daarom sal sy nooit die huis verlaat sonder minstens maskara en ’n bietjie verbloemer nie.
“As jy meer tyd het, bestee die meeste aandag aan jou onderlaag. As dit so natuurlik lyk dat jy dit skaars kan sien, is jy gereed vir die dag.”

1  Doen jou huiswerk

Om op te staan met pofferige oë en donker kringe kan ’n demper op jou dag plaas.
“Probeer vasstel wat die pofferigheid veroorsaak,”sê Julia Kelly van Dermalogica. “Dit kan te min slaap wees of te veel oogroom saans.
Donker kringe is meestal geneties en word in die Oosterse geneeskunde gekoppel aan jou lewer of niere. As jy meer water drink, kan dit dus in sommige gevalle donker kringe minder opsigtelik maak, maar daar is nie ’n produk wat dit kan wegneem nie – jy kán dit wel verbloem,”sê sy.
Die ou boereraat werk vir pofferigheid: Komkommerskyfies dreineer oortollige vog onder jou oë.Ook kafeïen speel klaar met pofferigheid. Probeer Garnier Caffeine Eye Roll-On (R89,95). Grimeerkunstenaar Bobbi Brown sê jy moet slim werk om donker kringe te verbloem:“Maak seker dat jy dit nie oordoen nie. Gebruik eers ’n oogroom om die vel om jou oë te kalmeer, en dan ’n verbloemer. Hou jou verbloemer in plek met ’n los, deursigtige poeier.”

1. Laat oë glinster met Nivea Visage Natural Beauty Radiance Boosting Eye Cream. Dit bevat glinster-pigment wat donker kringe verbloem, terwyl kasjmier-proteïene vel voed. Almay Bright Eyes Eye Shadow laat oë dadelik helderder en uitgerus lyk. Die ligte poeierformule verbloem terwyl wittee en mariene ekstrakte oë verfris.

2. Gee jou vel ’n hupstoot met Elizabeth Arden Good Morning Skin Serum se botaniese ekstrakte. Dit maak jou vel sag en gee helderheid, ideaal voordat jy grimering aanwend.

3. Beveg pofferigheid en lyntjies met Garnier Ultralift Pro-X Double Action Eye vir uitgeruste oë.

Nivea Visage Natural Beauty  Eye Cream Elizabeth Arden Good Morning Skin Serum Garnier Ultralift Pro-X Double Action Eye

Nivea Visage Natural Beauty Radiance  Boosting

Eye Cream  (R84,99)

Almay Bright Eyes Eye Shadow (R120)

Elizabeth Arden Good Morning Skin Serum (R250)

Garnier Ultralift Pro-X Double Action Eye (R154,95)

2 Werk aan jou CV

Maak ’n professionele indruk met die regte grimering.
“Gryse en bruingryse lyk heeldag mooi, ook onder kantoorbeligting,” sê grimeerkunstenaar Lisa Cloete.
“Gebruik ’n tikkie kompakte poeier onder jou oogskadu om te verseker dit bly heeldag aan. Dís ook
die aanbly-geheim vir die res van jou grimering − lae,” is haar raad.
Adelle Jung glo jy moet liefs wegbly van blink kleure: “Blink en harde skakerings trek die aandag en dis moeilik vir mense om te konsentreer op wat jy sê. Oogskadu moet subtiel wees sodat hulle jou in die oë kan kyk, nie na jou grimering nie.”
Adelle beveel aan dat jy ’n spieëltjie in jou handsak hou: “Wanneer jy konsentreer, vryf jy oor jou oë of deur jou hare. Kyk nou en dan of alles nog sit waar dit moet.”
  Volgens David White, grimeerkunstenaar van Givenchy, hoef kantoorgrimering nie vervelig te wees nie: “Rooi lippe kan ’n kragtige stelling maak − maar dan met ’n selfversekerde houding. Kies ’n lipkleur met ’n blou ondertoon; dis vars en laat tande witter lyk,” sê hy. David glo jou rooi lippe moenie te glansend wees nie: “Net ’n lippotlood en lipstiffie, en hou die res eenvoudig: ’n bietjie houtskoolkleurige oogskadu en rooierige blosser.”
Volgens David kan jy kort rooi naels kantoor toe dra, maar net één stukkie wat afsplinter bederf jou hele
voorkoms: “Dis beter om veilig te bly met ’n mooi kort Franse manikuur; dis skoon en prakties.”
“As jy baie haastig is, kan jy oë woema gee met net gekleurde  maskara: Blou oë kry donkerbruin,
groen oë glinster in pers en bruin oë sprankel in donkerblou. Fokus op jou boonste wimpers,” is David se raad vir kantoor-oë.

1. Die natuurlike kleure van M.A.C Smoke And Mirrors Eye Shadows tref onder kantoorligte, terwyl Yves Saint Laurent Water-Resistant EyeShadow maklik met jou vinger aanwend, en dit hou heeldag.

2. Tik net ’n bietjie rooi aan jou lippe as jy haastig is: een-stap- Revlon Colorstay Ultimate Liquid Lipstick in Top Tomato hou lank en bevog.

3. Die pigmente in L’Oréal Visible Lift Instant Lift Foundation in Golden Beige skep ’n eweredige gelaat. Dis verryk met ’n serum wat vel heeldag vogtig hou. Vir ’n effens ligter bedekking, probeer Maybelline Dream Satin Liquid in Ivory.

4. Hou onderlaag op sy plek met Diorskin Nude Natural Glow Sculpting Powder Makeup SPF10 in Thé Passion. Dié poeier se drie kleure kan saam of apart gebruik word om gesigdele te verlig en merkies te
versteek.

5. Neutrale kleure is altyd in die kol. M.A.C Lipglass in Glamour For All hou lippe vogtig en gee subtiel kleur, en Rimmel Royal Gloss in Sugar Glaze is verryk met voggewende vitamiene.

6. Skep die illusie van ’n Franse manikuur met Chanel Le Vernis in Intermezzo.  Dié wit naellak wend in ’n japtrap aan.

7. Die dag kan maar kom as jy Estée Lauder Sumptuous Bold Volume Lifting Mascara dra. Reën, humiditeit, chloor, sweet of trane – dié formule bly smeerbestand. Of probeer Clinique High Lengths Mascara vir hope lengte en volume.

M.A.C Smoke And Mirrors Eye Shadows (R145) Yves Saint Laurent Water-Resistant
Eye Shadow (R340)

Revlon Colorstay Ultimate Liquid Lipstick in Top  Tomato

(R130)

L’Oréal Visible Lift
Instant Lift Foundation
in Golden Beige
(R164,95)
Diorskin Nude Natural glow Sculpting Powder Makeup
Maybelline Dream
Satin Liquid in Ivory (R144,95)
Diorskin Nude Natural Glow
Sculpting Powder Makeup SPF 10 in
Thé Passion (R545)
M.A.C Lipglass
in Glamour For
All (R135)
Rimmel Royal Gloss in Sugar
Glaze (R49,95)
Chanel Le Vernis in Intermezzo
(R235)
Estée Lauder Sumptuous Bold Volume Lifting Mascara
(R265)
Clinique High Lengths Mascara (R170)

3 Oortyd vars

Produkte wat jou voorkoms opknap, moet altyd byderhand wees − die son, besoedeling en lugversorging stroop jou vel van natuurlike vog.
Julia Kelly sê selfs kantoorbeligting kan vel beïnvloed.“Begin die dag met ’n goeie vogroom en SBF. Herhaal
die SBF as jy smiddags uitgaan. ’n Verfrisser (soos Dermalogica Multi-Active Toner) bevog vel en koel jou af.”
David White glo ook aan ’n aanspuitverfrisser: “Dit stimuleer vel-sirkulasie en sorg dat grimering langer aanbly. Givenchy se Mist Me Gently (R335) bevat hialuroonsuur vir vog.”
David sonder lugversorging as ’n sondaar uit: “Omdat dit vog stroop, kan vel meer olie produseer om te vergoed. Gebruik ’n kompakte gesigpoeier – dit verfyn veltekstuur, laat vel nie droog lyk nie en beheer olieproduksie. ”Probeer Givenchy se Matissime (R495).

1.  Aalwyn en laventel in Dermalogica Multi-ActiveToner verfris jou vel.
Sit vog terug met Clinique Moisture Surge Face Spray Thirsty Skin Relief.  Gebruik dit bo-oor of onder grimering.

2. Bevog gedehidreerde lippe met Olay Regenerist Anti-Ageing Lip Treatment. Wend dit alleen of onder lipstiffie aan − dit beveg ook lyntjies om jou mond. Clarins Instant Light Natural Lip Perfector kleur jou lippe subtiel terwyl dit met plantolies voed.

Dermalogica Multi-Active
Toner (R395)
Clinique Moisture
Surge Face Spray
Thirsty Skin Relief
(R240)
Clarins Instant Light
Natural Lip Perfector

Olay Regenerist Anti-
Ageing Lip Treatment
(R249)