Katy Perry
FOTO: Instagram (@katyperry)

Katy Perry FOTO: Instagram (@katyperry)

Skoonheidstories

10 gewaagde haarkleure

Vandag is enigiets moontlik as dit kom by haarkleur. Soek jy hare so pienk soos spookasem, of so groen soos gras, kan jou haarkapper dit waarskynlik optower. Deesdae duik daar byna elke maand ’n nuwe vreemde kleurtendens op. Ons het 10 van die mees gewaagde haarskakerings gaan uitsoek. 

As dit by celebs kom, is die sangeres Katy Perry die koningin van haarkleur. Pienk, pers, groen, blou – haar hare was al elke kleur van die reënboog. Miskien kan Katy hiér ’n paar idees kry…

Adele: die rok waaroor die wêreld praat!

1. Denim-hare

… want nes jou gunsteling-jeans pas jou hare nou by enige uitrusting!

 2. “Glow in the dark”

Jou hare lyk dalk gewoon, maar wag tot die swart lig aangesit word. . .

Black light rainbow dutch braid (Lol at the dye all over my hood)

A photo posted by Megan McKay (@rainbowmegz) on

3. Soos ’n sonsondergang

Só kan jy die mooiste sonsondergang wat jy nog gesien het, laat voortleef in jou haardos.

4. “Unicorn hair”

Glo dit of nie, die #unicornhair-tendens het talle aanhangers en is al meer as 90 000 keer op Instagram gebruik! Kleur jou hare ’n mengsel van pastelskakerings en gebruik hope haarsproei om jou eie eenhoring-kapsel te skep.

5. Skitterende haarpaadjies

Kikker jou haarstyl op deur ’n bottel blinkers op jou paadjie uit te gooi – hoe maklik?!

Serious Saturday night hair inspo. #Hairspo #GlitterHair

A photo posted by Miss Selfridge (@missselfridge) on

6. Pixel-patrone

Subtiel, dog treffend.

#xpresionpixel #haircolor #revolution #xpresioncreativos #revlon #stylemastershow #xpresion #Lisbon

A photo posted by Laia Lae (@laialae) on

7. Knoop en doop

Vergeet van hemde knoop en doop. Probeer dié kleurtegniek eerder op jou hare.

8. Reënbooghare

Met soveel interessante en treffende kleurtrends lyk reënbooghare byna gewoon. . . Jy kan nét jou haarwortels kleur, soos wat die jonger suster van One Direction se Louis Tomlinson, Lottie, onlangs gedoen het.

A photo posted by Lottie (@lottietomlinson) on

9. Mik vir die sterre

Dink groter as ’n sonsondergang of die reënboog . . . Dink sterrestelsel!

10. In twee gedeel

En as jy nie kan besluit watter skakering om jou hare te kleur nie, probeer sommer twee kleure.

 

Charlize Theron en Angelina Jolie gek oor rooibos – lees meer!