Skoonheidstories

Rooi lippe vir jonger lyk!

Vir sommige van ons is rooi lipstiffie tweede natuur en vir ander is dit weer heeltemal gewaagd, of dalk net vir ’n spesiale geleentheid. Die kleur wat jy kies om te dra kan ’n groot verskil maak aan hoe jy voel én hoe ander jou sien. Rooi lippe kan jou bui lig en beeldskoon laat voel. Hier is drie wetenskaplike redes hoekom jy rooi lipstiffie móét dra.

Ander sal dink jy is jonger as wat jy is

’n Studie deur die mode- en skoonheidshuis Chanel en sielkundiges van die Gettysburg College in Pennsilvanië in die VSA het bevind dat rooi lipstiffie jou laat jonger lyk! Soos vroue ouer word, begin hul lippe en wenkbroue al hoe valer word. Hul oplossing? Dra ’n rooi lipstiffie om ’n groter kontras tussen jou lippe en jou gelaat te skep, want dié kontras laat jou in ’n kits jeugdiger lyk.

 

Jy sal meer gewild wees by die werk

Vroue wat by die werk helder grimering dra, word deur hul kollegas as vriendeliker en meer bevoeg beskou. Dit was die bevinding van ’n studie aan die Universiteit van Boston in die VSA. Vir die studie is mans en vroue gevra om na 25 foto’s van vroue met verskillende hoeveelhede grimering aan te kyk. Die vroue met helder lip- en oog-grimering is deur die deelnemers as meer bevoeg en selfversekerd beskou as dié wat minder of geen grimering aangehad het. Soms doen iets so eenvoudig soos ’n treffende rooi lipstiffie wonders vir jou gemoed.

 

Jy sal meer selfversekerd voel …

… en meer selfies neem (wat ’n goeie ding kan wees!). ’n Opname deur die Amerikaanse skoonheidshuis CoverGirl en Harvard-Universiteit onder 1 000 vroue het bevind dat diegene wat gereeld rooi lipstiffie dra, geneig is om ’n gemiddeld van drie selfies per week op sosiale media te deel. Daarby is dié vroue ook baie meer selfversekerd as die wat minder gereeld lipstiffie dra. Die navorsers glo daarom dat rooi lipstiffie jou meer selfies laat neem, wat jou selfvertroue onmiddelik ’n hupstoot gee. Of jy dié teorie wil glo of nie, rooi lippe kan jou inderdaad bemagtig laat voel.

 

Probeer dié rooi lipstiffies

 

Max Factor Lipfinity Long Lasting Lipstick in Just Deluxe (R170). By Clicks

GOSH Velvet Touch Matt Lipstick in Classic Red (R125). By Edgars

M.A.C Lipstick in Chili (R220)

Clarins Rouge Eclat Lipstick in Red Paprika (R300)

Estée Lauder Modern Muse Le Rouge Pure Color Envy Sculpting Lipstick in Envious (R345)

Bronne: www.allure.com, www.medicaldaily.com, www.nytimes.com, www.instyle.com

In die nuutste uitgawe van SARIE is een van ons vier lipstiffies Valentynrooi! Koop dit nou.

Maart-voorblad 2016 Karen zoid

Lees nou

Kate Perry en Orlando Bloom saam?

10 dinge wat jy nié in jou yskas moet hou nie!