FOTO Instagram (@mirandakerr)

FOTO Instagram (@mirandakerr)

Skoonheidstories

5 skoonheidstruuks met rooibostee + dié bekendes sweer daarby

Hoera vir rooibos – die superbestanddeel vir jou gesondheid, langlewendheid en jou vel! Buiten om ’n koppie rooibos te geniet is daar ’n hele paar ander maniere om dié trots Suid-Afrikaanse bossietee se kragtige antioksidante in te span vir ’n glansende vel en hare.

 

Probeer dié truuks met rooibostee:

#1 Kalmeer ’n songebrande vel

As jy per ongeluk ’n paar minute te lank in die son deurgebring het, wend koue, nat rooibosteesakkies op die dele waar jou vel gebrand het om dit te verlig. Jy kan selfs ’n paar teesakkies in jou badwater gooi om jou hele lyf te streel.

#2 Helder moeë en pofferige oë op

Week twee rooibos-teesakkies in louwarm water en wend dit vir so 20 minute bo-oor jou moeë of rooi oë aan. 

#3 Gebruik as verfrisser

Was jou gesig met koue of louwarm rooibostee vir ’n goeie, alternatiewe verfrisser. Die antibakteriële eienskappe van rooibos help om oortollige olierigheid op jou vel te verminder en kan ’n veluitslag kalmeer.

#4 Glans vir jou hare

Spoel donker hare af met sterk rooibostee om dit te laat blink. Of los aan ligter hare vir ’n rooierige tint.

#5 Behandel aknee

Neem ’n halwe koppie sterk, skoon rooibostee. Voeg ’n halwe teelepel appelasyn by. Voeg 2 teelepels hawermout by (as jy allergies is daarvoor, gebruik ’n glutenvrye meel). Laat afkoel tot louwarm en smeer aan gesig en nek. Ontspan 15 minute, spoel af met louwarm rooibostee en druk droog.

Die afgelope jaar word rooibostee al hoe gewilder oorsee. Bekendes soos Charlize Theron, Angelina Jolie, Miranda Kerr en selfs die sanger Lady Gaga is glo groot aanhangers, sê die SA Rooibos-raad in ’n persverklaring.

*Miranda Kerr, Lady Gaga, Helen Mirren en Gwyneth Paltrow gaan glo nêrens sonder hul rooibostee-sakkies nie.

 

M O N D A Y My new mini mug collection from www.royalalbert.com #MirandaKerrForRoyalAlbert

 

A photo posted by Miranda (@mirandakerr) on

 

*Charlize Theron, Jessica Alba, Hugh Jackman en Candice Swanepoel hou daarvan om te gaan vir gesigbehandelings wat rooibosteetee bevat.

 

*Angelina Jolie gebruik glo ’n spesiale lipsalf met onder meer rooibos as bestanddeel om haar vol lippe te bevog.

 

Het jy geweet?

Wanneer ons baie stres, te veel alkohol drink, rook of blootgestel word aan besoedeling en die son, vorm vry radikale wat bydra tot die voorkoms van donker vlekkies, plooie en fyn lyntjies op jou vel. Die unieke samestelling van antioksidante in rooibos maak dit van die beste wapens om jou vel teen die skade van dié vry radikale te beskerm.

Lees nou

Jamie Oliver se baba-dilemma

Red só jou vel ná ’n rowwe naweek…