FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Skoonheidstories

4 haarstyle wat jou jonger laat lyk

Soms is ’n eenvoudige haarstyl-verandering al wat nodig is om jou gesig jare jonger te laat lyk en jou voorkoms op te kikker. Kyk net na dié bekendes – hoewel elke styl skitter in eie reg, wys dit ook hoe ’n klein verandering ’n groot verskil kan maak.

Dié parfuum is jou wapen van verleiding

1. Stywe opstyl vs. losgetrekte opstyl

Hoewel ’n stywe opstyl formeel en elegant lyk, kan dit jou ook ouer laat lyk. Trek bloot jou opstyl hier en daar effens los vir ’n glansryke aandvoorkoms wat ingeleef en jeugdig lyk.

Ster-inspirasie: Charlize Theron

Ouer

 

Jonger

 

2. Perfekte, ewe groot krulle vs. oneweredige golwe

Wanneer jy jou hare tuis krul, wissel die grootte van jou krulle af en krap ná die tyd die krulle liggies deurmekaar. Dit skep ’n gemaklike, moeitelose voorkoms.

Ster-inspirasie: Kate Winslet

Ouer

 

Jonger

 

3. Eenkleurig vs. multi-dimensionele kleur

Pleks daarvan om jou hare een skakering te kleur, laat jou haarstilis ligte, fyn sonstrepies in jou hare “verf” om dit ’n songoue glans te gee wat nie te veel afwyk van jou natuurlike haarkleur (babylights) nie. Dit skep ’n natuurlike multi-dimensionele voorkoms soortgelyk aan die goue en blonde sonstrepies waarmee jong kinders ná ’n seevakansie pronk.

Ster-inspirasie: Drew Barrymore

Ouer

 

Jonger

 

4. Kort hare vs. oneweredige pixie-styl

Laat sny jou hare kort agter en hou die hare wat rondom jou gesig val langer. Die oneweredige lengte gee die styl ’n vars en moderne voorkoms.

Ster-inspirasie: Kris Jenner

Ouer

 

Jonger

Bron: www.allure.com

Is jy veilig op die internet?