Skoonheidstories

5 grimeergewoontes om nóú te kweek

Wanneer dit kom by jou grimeerroetine, het baie van ons gewoontes wat moeilik is om te breek. Soos om altyd dieselfde kleure op jou lippe en oë te dra, of altyd dieselfde produkte te koop wanneer jy eintlik lus voel om met die nuutse formules en modes te eksperimenteer. Gee jou grimeergewoontes ’n oormaaksessie met dié vyf slim wenke!

1. Hou op om jou wenkbroue af te skeep

Grimeerkenners beklemtoon gereeld hoe belangrik dit is om nie jou wenkbroue af te skeep wanneer jy grimeer nie. Dit raam jou gesig en rond jou voorkoms af.

Voller wenkbroue wat natuurlik lyk is nou hoogmode. Kam jou wenkbroue eers skuins na bo met ’n borseltjie voordat jy dit inkleur. Dit sal baie voller lyk. As jy voel jou wenkbroue is te dun gepluk, laat groei dit heeltemal uit en besoek dan ’n skoonheidsterapeut wat dit in ’n natuurlike vorm kan pluk.

Kyk net watter verskil maak dié bekendes se wenkbroue aan hul voorkoms

2. Kies bruin oogomlyner vir die dag

Swart is perfek vir ’n dramatiese en grafiese oogomlyner-voorkoms wat aandag trek. Tog kan dié kleur dikwels jou oë kleiner en meer ingesonke laat lyk, veral wanneer jy dit in die dag dra. Dit trek ook die aandag na fyn lyntjies en plooie rondom jou oë.

Daarom kies talle bekendes soos Kendall Jenner, Sofía Vergara en Olivia Wilde eerder ’n bruin oogomlyner om hul oë subtiele definisie te gee en effens rokerig te laat lyk. Dit sorg ook vir ’n meer natuurlike en moeitelose voorkoms vir jou oë.

 

3. Belê in ’n veelsydige oogskadu-palet

’n Goeie veeldoelige oogskadu-palet in jou grimeersakkie is goud werk. Kies ’n gehalte-palet wat hoofsaaklik neutrale skakerings in glans én mat-afwerkings bevat. Hiermee kan jy gerieflik verskillende voorkomste skep, van natuurlik vir die dag tot glansryk vir die aand.

How do you get Naked?

A photo posted by Urban Decay Cosmetics (@urbandecaycosmetics) on

 

4. Minder poeier …

Baie vroue verkies ’n onderlaag met ’n poeierformule omdat dit maklik skakeer om beter bedekking vir jou vel te bied en boonop help om oortollige olie op jou vel te absorbeer. Die nadeel is dat dié formules dikwels in lyntjies op jou gesig gaan sit. Dit laat jou vel ouer en aangeplak lyk.

Die oplossing? Kies ’n vloeibare onderlaag met ’n mat-afwerking. Die nuwe generasie vloeibare onderlae het langdurende formules wat deur die dag oortollige olierigheid absorbeer. Daarby straal jou vel steeds danksy bestanddele wat lig weerkaats. Dit seël ook vog in jou vel sodat dit soepel lyk.

As jy hou van goeie bedekking, wend jou vloeibare onderlaag só aan: Wend jou vloeibare onderlaag met twee tipes onderlaagborsels aan. Gebruik eers ’n plat borsel om die onderlaag oor jou hele gesig te versprei. Dié borsel help ook dat jy genoeg onderlaag gebruik sodat jou vel goed bedek is. Poleer dan die onderlaag in klein sirkelbewegings met ’n ronde onderlaagborsel in jou vel in vir ’n foutlose basis.

5. Hou op bang wees vir helder lipstiffies

Is jy soms bang om ’n helder lipstiffie op jou lippe te dra? Moenie wees nie! ’n Studie deur die mode- en skoonheidshuis Chanel het bevind dat ’n helderrooi lipstiffie jou selfs jonger kan laat lyk! Soos vroue ouer word, begin hul lippe en wenkbroue al hoe valer word. Hul oplossing? Dra ’n rooi lipstiffie om ’n groter kontras tussen jou lippe en jou gelaat te skep, want dié kontras laat jou in ’n kits jeugdiger lyk.

Probeer dié top-produkte:

Benefit Precisely, My Brow Pencil (R335)

Vul jou wenkbroue presies in met die fyn punt en kam daarna jou wenkbrou-haartjies opwaarts vir volume. By uitsoekwinkels van Edgars

Max Factor Liquid Effect Pencil in Brown Blaze (R120)

Gebruik dié bruin oogpotlood se sponspunt om jou oogomlyner effens te smeer. By Clicks

Urban Decay Naked Eyeshadow Palette (R850)

Dié oogskadu-palette in neutrale skakerings soos brons, goud, roosgoud en grys is ikonies. By Sandton City in Johannesburg

Smashbox Full Exposure Palette (R995)

Die palet se 14 neutrale skakerings pas by enige velkleur. Dit kom ook saam met ’n gids wat verduidelik hoe om perfek vir jou oogvorm te grimeer.

Clarins Everlasting Foundation + SPF 15 (R415)

Skep ’n foutlose gelaat met ’n mat-afwerking wat hou.

Avon Ultra Color Lipstick in Ruby Shock (R150). Skakel 0860 102 345

Die perfekte helderrooi skakering!

 

Tag a bestie who lives by this mantra! #benefitbrows

 

A photo posted by Benefit Cosmetics US (@benefitcosmetics) on

Lees nou

Prinses Charlene van Monaco se tikkie SA flair

Sal jy Kim K se vampire facial probeer?