5 grimeerwenke om te onthou
Aliki Price, handelsmerkwoordvoerder vir Estée Lauder, deel 5 van haar grimering-pêrels vir droomvel.
1. Behandel jou vel dus eers, voor jy jou onderlaag aanwend. Jou onderlaag is net so goed soos wat jou vel is, so maak seker jou velsorg-roetine begin by bevogtiging en om die tekens van veroudering te beveg. Jy wil nie hê jou onderlaag moet droogheid of tekens van veroudering vererger nie.
2. Kies die regte onderlaag-formulering vir jou vel. As jou vel droog is, kies ’n formule wat vog gee, verkieslik met medium-dekking. Maar as jou vel reeds gloeiend is, kies onderlaag met min bedekking, ’n sheer finish, om jou gelaat bloot te komplementeer.
3. As jou vel teen die einde van die dag vaal en glansloos lyk en jy wil dit ’n sprankie lewe gee, kan jy met die tippies van jou vingers ’n bietjie vogroom in jou gesig inwerk, sonder om jou grimering te verwyder.
4. Vir perfekte bedekking en jou droomvel as jou eie vel nou nie foutloos is nie, is verbloemer ’n wonder-produk. Dit gee meer bedekking as onderlaag. Wend dit bo-oor jou onderlaag aan vir die perfekte foutlose voorkoms. Maak seker jou verbloemer is presies dieselfde kleur as jou onderlaag. As jy onseker is, besoek een van die Estée Lauder-toonbanke, waar jy ons gratis I-Match Signature Service kan gebruik.
5. Gebruik poeier net as jy olierigheid wil beheer. Indien jou onderlaag oliebeheer-eienskappe het, sal jy bes moontlik vind poeier is onnodig; so sal jy ’n meer gloeiende voorkoms verkry.
Besoek ook www.littlebrownbottle.co.za vir meer
Verwante artikels
-
"Dít kry my deur die dag" - skoonheidkenners verklap hul kan-nie-daarsonder-nie-produkte
SARIE Maart 2010
Skoonheidkenners vertel van hul één noodsaaklike produk. Niks kan jou onderkry met skoonheidsprodukte wat nuwe woema gee nie.
-
Agter die skerms met supermodel Hilary Rhoda
SARIE - September 2009
Op 22 het Hilary Rhoda die modewêreld aan haar voete.
-
Estée Lauder Advanced Night Repair: Tyd in 'n bottel
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 4
Dié ikoniese klein bruin botteltjie spog ook nou met 'n splinternuwe webtuiste.
-
Hoe kom ek uit my grimeer-groef?
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
'n Studie het bevind dat die meeste vroue graag meer waaghalsig met hul voorkoms wil wees. Lewensafrigter Kate Emmerson van Kaapstad vertel hoe.
-
Model en gewese Mej. SA Claudia Henkel verklap
SARIE - September 2009
Wat is haar skoonheidsgeheime?
-
Partytjieseisoen is om die draai - lyk só op jou beste
SARIE - November 2009
Die partytjieseisoen is om die draai en dis nie altyd so maklik om op jou beste te lyk as jy die vorige aand laat in die bed gekom het nie!
-
Só lyk top-modelle sonder grimering
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 1
Hulle is beeldskoon: vlekkelose vel, mooi wangbene, donker oë en volronde lippe. Hulle is top-modelle, en daar's 'n rede waarom hulle op al wat 'n loopplank is, pronk.


















Kommentaar