FOTO: Instagram  @styleiinspo

FOTO: Instagram @styleiinspo

Skoonheidstories

5 oplossings vir yl hare

Ons almal weet hare is ’n emosionele saak, maar watter Suid-Afrikaners is die besorgste oor hul hare? In so ’n mate dat hulle ’n jaar van nuwe klere en skoene sal prysgee vir gesonde hare wat nie uitval en yl word nie? As haarverlies een van jou bekommernisse is – hiér is raad.

Ons is mal oor dié splinternuwe roosparfuums!

Kaapstadse vroue gee meer om oor hul hare as dié van Durban en Johannesburg. Dít volgens ’n opname onder sowat 500 Suid-Afrikaanse vroue bo die ouderdom van 30 in dié drie stede.

Die opname deur die navorsingsmaatskappy Plus 94, in samewerking met die Plantur 39-haarsorgreeks wat haarverlies teenwerk, het getoon dat veral Kaapstadse vroue glo ’n gesonde kroon speel ’n belangrike rol in hul selfvertroue en die aandag wat hulle van mans kry. Daarby is Kaapstadse vroue ook geneig om meer angstig te voel oor haarverlies as vroue van Durban en Johannesburg.

Maar maak nie saak waar in die land jy jouself bevind nie, jy hoef jou nie oor haarverlies te bekommer nie.

Hare wat dun en yl word en al hoe meer begin uitval, kan veroorsaak word deur gene of eksterne faktore soos stres, siekte, dieet, menopouse en selfs sommige medikasies. Dis gewoonlik ’n wisseling in jou liggaam se estrogeen- en testostoroonvlakke wat die groeifases van jou haarwortels verkort en tot haarverlies lei, sê dr. Adolf Klenk, ’n Duitse haarsorgkenner in ’n persverklaring. Buiten verskeie produkte wat spesiaal ontwikkel is om haarverlies teen te werk, is daar ook ’n paar slim truuks om jou hare voller te laat lyk …

Maameya Dankwa, handelsmerkbestuurder van die haarsorgreeks Vigro, gee dié 5 wenke om jou yl hare voller te laat lyk:

1. Laat sny ’n bonkige kuif

’n Treffende bonkige kuif skep die illusie van dikker hare. Jy kan selfs die onderste lagie van jou kuif twee skakerings donkerder as die res van jou hare kleur om dit nog dikker te laat lyk.

 

2. Skep krulle

As jy langer hare het, sal krulle of golwe jou fyn hare tekstuur gee en voller laat lyk. Net ’n paar sagte golwe kan al ’n verskil maak.

 

3. Laat jou golwe uitwaarts draai

As jy krulle of golwe in jou hare skep, laat die hare uitwaarts en weg van jou gesig golf pleks van na jou gesig toe. Die ekstra volume laat jou hare voller lyk.

 

4. Moenie jou hare te lank laat groei nie

Hoe langer jou hare is, hoe swaarder is dit. Dit maak dit moeiliker om volume in jou hare te skep wat heeldag hou.

5. Blaas jou hare op die regte manier droog

Hoe jy jou hare droogblaas het ’n groter invloed op jou kroon se voorkoms as wat jy dink. Begin deur jou kop vooroor te gooi en die hare teen jou kopvel behoorlik droog te blaas. Bring daarna jou kop regop en gebruik ’n groot ronde borsel om jou hare in seksies droog te blaas.

5 redes waarom koffie goed is vir jou

Probeer ook dié produkte wat spesiaal ontwikkel is om haarverlies teen te werk:

Plantur 39 Phyto-Caffeine Shampoo For Fine Brittle Hair (R165) en Conditioner (R145). By Clicks, Dis-Chem en uitsoek-apteke

Vigro 3 Step System Starter Pack (R175)

vigro_starterpack

7 vreemde kos-kombinasies wat wérk