FOTO: Instagram @laurenconrad

SARIE-blogs

5 wenke vir jou partytjiehaarstyl en -grimering

Die span wat bekendes soos Melinda Bam, Karlien van Jaarsveld, Dunay van Heerden en Rolene Strauss se kapsels versorg, deel hul beste haarwenke. Vandag deel Lizanne Erasmus, kunsdirekteur by Gary Rom Southdowns, wenke vir jou hare en grimering vir partytjies.

Lizanne beveel aan dat jy vasstel hoe formeel of informeel die geleentheid is wat jy gaan bywoon. Veral in Suid-Afrika se feesseisoen is almal ontspanne en bestee tyd saam met familie en vriende. “Dit is ’n tyd om pret te hê – ook met jou hare en grimering,” meen Lizanne.

1) Hoë bolla met natuurlike grimering

Kies ’n hoë bolla met natuurlike grimering en kikker dit op met ’n modieuse lipkleur.

Onthou: as jy dramatiese ooggrimering doen, kies ’n meer natuurlike lipkleur daarby.

FOTO: Instagram  @styleiinspo

FOTO: Instagram @styleiinspo

FOTO: Instagram @momokoplush

FOTO: Instagram @momokoplush

2) Volume met rooi lippe

Dink pin-up-meisie uit die 1950’s. Laat jou hare uitblaas met baie volume, maar sorg dat dit steeds beweeglik is. Dra dramatiese ooggrimering met intense rooi lippe.

FOTO: Instagram  @styleiinspo

FOTO: Instagram @styleiinspo

FOTO: Instagram  ritaora

FOTO: Instagram ritaora

3) Vlegsels!

Vlegsels is steeds groot nuus en ’n gemaklike styl vir somer. Kies grimering wat vir jou ’n natuurlike gloed gee sodat dit lyk asof jy met vakansie was.

FOTO: Instagram (@riawnacapri)

FOTO: Instagram (@riawnacapri)

vlegsels

FOTO: Twitter

4) Boheems en oogomlyner

Kies ’n kopband of haarbykomstigheid wat boheems lyk. Die grimering is dan swaarder op die oog met meer natuurlike lippe.

FOTO: Instagram @iuliadot

FOTO: Instagram @iuliadot

FOTO: Instagram  @grace_bijoux

FOTO: Instagram @grace_bijoux

5) Krulle en verbronser

Maak sagte krulle met ’n stileeryster (hair straightener) met swaarder grimering en verbronser wat jou ’n sunkissed-voorkoms gee.

FOTO: Instagram @lauramoralesmorris

FOTO: Instagram @lauramoralesmorris

lizanne erasmus gary rom

 

Lizanne Erasmus, kunsdirekteur by Gary Rom Southdowns (012 665 0188).