Skoonheidstories

6 bederfprodukte vir Moedersdag

Dis Sondag Moedersdag! En as jy nog nie iets vir dié spesiale vrou in jou lewe het nie, is hier ’n paar geskenk-idees wat nie die bank sal breek nie, maar waarmee jy haar tog die naweek lekker kan bederf.

Is die perm op pad terug?

1. Sorbet Sensual Luxurious Oil Tender Touch Hand & Nail Cream (R35)

Dit hoef jou nie ’n klomp geld te kos om jou ma te bederf nie. ’n Nuwe reeks produkte van die plaaslike salongroep Sorbet bevat alles wat nodig is vir ’n heerlike pamperlang-sessie. Elk van die ses produkte bevat grenadellablom-olie, ryk aan vitamien E om jou vel te voed. Kies uit ’n sproei, soutskrop, was en room vir jou lyf, asook ’n handeroom en handwasseep. By Clicks.

2. The Body Shop Oils of Life Intensely Revitalising Essence Lotion (R205)

Daar’s ’n goeie rede hoekom olie die velsorgwêreld se nuwe obsessie is. Nie net is dit voedend en veerlig nie; dit het ook die perfekte tekstuur wat jou vel diep en maklik penetreer. Drie tipes saadolie word ingespan in die skoonheidshuis The Body Shop se Oils of Life-reeks, met onder meer ’n gesigolie, jelroom en ’n ryker vogroom. Swart komyn-, kamelia- en roosbottel-saadolie in dié produkte hou jou vel sag en soepel, sonder dat dit olierig voel. Bederf jou ma met dié serum-olie wat sy ná reiniging kan aanwend.

3. Lancôme Juicy Shaker in Good Kara-Mel (R270)

In die veertigs het mengeldrankies hul merk begin maak as ’n simbool van glans. Toe skep Armand Petitjean, skepper van die Franse skoonheidshuis Lancôme, in 1946 ’n lipstiffie met goue verpakking wat nes ’n mengfles vir mengeldrankies lyk: die Shaker Lipstick. Nou bring dié nuwe reeks lipolies hulde aan Armand se unieke skepping. Die speelse lipolies is ’n kombinasie van voedende olies en helder kleurpigmente wat aan lippe deursigtige, glansende kleur gee. Ons dink dis ’n oulike geskenk!

4. Placecol Illuminé Neck & Décolleté Lift (R380)

Die meeste van ons is geneig om dikwels ons nek en borsgedeelte af te skeep tydens ons daaglikse velsorgroetine. Dit is ’n fout, want dié dele verklap jou ouderdom die vinnigste omdat die vel hier dun is sonder enige oliekliere. Oor tyd kan jy veral fyn lyntjies en droogheid sien. Die plaaslike skoonheidshuis Placecol se Illuminé-velsorgreeks (vir vroue bo 40) bevat onder meer dié luukse vogroom spesiaal vir jou nek en borsgedeelte met bestanddele wat help om die vel van jou bors en nek fermer te maak. By Placecol-salonne

5. Paul Mitchell Marula Oil Rare Oil Replenishing Shampoo (R375) en Conditioner (R395) – elk 222 ml

’n Trotse Afrika-bestanddeel, maroela-olie, word in dié reeks Paul Mitchell-haarprodukte vir droë, beskadigde en growwe hare gebruik. Dié olie is vol antioksidante, voedingstowwe en minerale wat hare bevog en herstel. Kies uit ’n sjampoe, opknapper, masker en twee tipes haarolie in die Marula Oil-reeks. Die elegante verpakkings sal mooi lyk in jou ma se badkamer en sy kan selfs die haarolies op haar lyf gebruik! By uitsoeksalonne

6. Jo Malone The Herb Garden Lavender & Coriander (R780 vir 30 ml EDC)

Die kenmerkende geure van ’n kruietuin is die inspirasie agter die nuwe Jo Malone The Herb Garden-parfuumreeks. Dis die perfekte geskenk as jou ma van tuinmaak hou. Probeer Lavender & Coriander (R780 vir 30 ml EDC) wat ook warm, aardse note van salie en tonkaboontjie bevat. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd

Discover our latest collection #TheHerbGarden

A photo posted by Jo Malone London (@jomalonelondon) on

 

20160429_VGB Tag

5 dinge wat jy kan doen om dadelik gesonder te wees