FOTO: Gallo Images/Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

Skoonheidstories

5 grimeerwenke vir warm dae

Weens verskeie hittegolwe is dié somer van die warmstes wat Suid-Afrika al beleef het! En in hierdie hitte is dit nie altyd maklik om jou grimering van oggend tot aand te laat hou nie. Hiér deel ons vyf slim grimeerwenke om te verseker dat jy op warm dae vars en op jou beste kan lyk, maak nie saak waarheen jy gaan of wat jy doen nie.

Fanie voorspel die Golden Globe-trends

1. Gebruik daagliks ’n basislaag (primer)

Wend ’n basislaag met ’n SBF ná jou vogroom en voor jou onderlaag aan. Dit vul fyn lyntjies en maak jou vel superglad. Die meeste basislae bevat ook bestanddele wat olierigheid op jou vel absorbeer.

Probeer: Inglot Under Makeup Base (R329). By uitsoekwinkels van Edgars

2. Kies ’n onderlaag met ’n mat-afwerking…

…of verruil jou onderlaag vir ’n getinte vogroom. Wanneer dit kom by grimering in dié hitte, is minder meer. ’n Getinte vogroom gee jou vel effense bedekking met ’n stralende afwerking. As jy voller bedekking verkies, mik vir ’n onderlaag met ’n mat-afwerking wat geformuleer is om oortollige olie en glans te absorbeer en lánk sal hou.

Probeer: Estée Lauder Double Wear Stay-In-Place Makeup SPF 10 (R480) of Clarins HydraQuench Tinted Moisturiser (R395)

3. Kies romerige formules bo poeierformules

Poeierformules is geneig om op warm, vogtige dae vinnig aangeplak, gesmeer en streperig te lyk, veral wanneer dit kom by oogskadu en blosser. Romerige- of jel-formules kan makliker op ’n douerige vel ingeskakeer en opgeknap word.

Probeer: Max Factor Excess Shimmer Eye Shadows (R130, by Clicks) en Smashbox L.A. Lights Blendable Lip & Cheek Color (R320)

Die SARIE-span deel hul skoonheidsvoornemens… Jy kan ook!

4. Gebruik só waterbestande maskara

Voorkom maskara wat smeer deur ’n waterbestande maskara te gebruik. Die geheim is om die maskara in vinnige, kort hale aan jou wimpers aan te wend om te keer dat die formule te vinnig droog word op jou wimpers. As jy nog maskara aanwend nadat die formule reeds droog is, kan jou wimpers klonterig lyk.

Probeer: Revlon Grow Luscious Waterproof Mascara (R179)

5. Verfris met ’n gesigsproei

Gesigsproei is tans baie gewild. Spuit gereeld deur die dag ’n gesigsproei oor jou hele gesig om jou vel te verfris en jou grimering nuwe lewe te gee. Dit help ook om jou grimering langer in plek te hou.

Probeer: Bobbi Brown Face Mist (R320)

Bronne: www.realsimple.com, www.dailymail.co.uk

Surrogaatma se verskriklike nagmerrie