6 style vir die winter 2009
Foto’s: Gallo Images/gettyimages.com; Phyllis Green; Verskaf Galery
Kabouters, meerminne & milkmaids - dís die inspirasie!
Dis nie onbeheersd soos destyds nie, wel definitief en meer vloeiend.
1. Van meerminkartels...
Lang hare in lae gesny is groot nuus hierdie winter. Dié styl gee glad nie om vir krul nie en lyk droommooi met ’n effense kartel, soos supermodel Gisele Bündchen dit dra. “As moderne variasie op hierdie styl kan jy ’n diagonale kuif van so 10 cm lank aan die een kant en 13 cm lank aan die ander kant sny. Só ’n kuif vloei mooi in by dié styl, maar onthou, ’n kuif is ook nie vir almal nie,” sê Terence.
Vir wie?
Die ideale styl as jy reguit of effens gekartelde hare het. eksperimenteer met hierdie voorkoms as jy ’n ronde, vierkantige of ovaalvormige gesig het.
2. ...tot Milkmaid-krulle
As jy van ’n meer romantiese voorkoms hou, is groter krulle (soos Kate Winslet s’n) vir jou. Indien jou kroon nie van nature ’n krullebol is nie, verdeel jou hare in 3 cm-stukkies en draai dit om jou stileeryster. “Los jou kuif ’n bietjie langer om jou gesig te raam,” sê Terence.

Vir wie?
Enige haarsoort kan mooi lyk met hierdie styl, maar veral dik of krullerige hare sal tot hul reg kom. Dié krul-styl pas veral goed by driehoekige en vierkantige gesigte.
3. Gesnipperde (scattered) bob
Hierdie winter sien ons ’n effense variasie op die klassieke bob. “Die buitelyne is steeds klassiek, maar met korter en langer stukkies tussenin vir tekstuur,” verduidelik Terence. Dis ook treffend as die styl effens korter gesny word in jou nek en langer word na voor – dit vorm ’n baie mooi raam vir jou gesig. Vir verdere variasie kan jy die hare op jou kroon volume gee en ’n langer kuif sny.
Vir wie?
Hare met byna enige tekstuur kan in ’n bob gedra word, maar dis veral geskik vir fyner hare. Langwerpige of ovaalvormige gesigte sal die beste pas by hierdie styl.
4. Kabouter-voorkoms (pixie)
Natuurlik is weer in, vertel Terence, en hy moedig vroue aan om met die natuurlike tekstuur en beweging van hul hare te werk. “Ek wurg nie hare met ’n stileeryster nie. Hoewel ’n yster jou kan help om die gewenste effek te kry kan jy baie meer doen as jy sáám met die unieke kinkel of krul in jou hare werk. ”Kort style vir hierdie winter het ’n gedefinieerde buitelyn, maar as jy dit van nader bekyk, sal jy sien dat daar oneweredige tekstuur ingesny is.
Vir wie?
Dit sal vir jou werk as jy nie baie tyd het vir haarstilering nie, en dit pas veral goed by ’n ovaalvormige gesig. Stilering is maklik: Blaas jou hare droog terwyl jy sirkelbewegings daarin maak met jou hande – só gee jy jou kroon ’n rapsie beweging.
Type or paste here.
5. Modieus lank
Langer hare kry ’n moderne, stomperige kuif om jou gesig te raam. “Die res van jou hare word so 5 tot 10 cm langer as skouerlengte gesny, met baie lae en tekstuur,” sê Terence. Die lae is ’n bietjie korter rondom die gesig en word algaande langer. “Hierdie styl werk ook goed met jou hare se natuurlike kartel.”
Vir wie?
Dis ideaal vir reguit en gekartelde hare – maar werk nie goed vir krulkoppe nie. As jy ’n langwerpige, vierkantige of ovaalvormige gesig het, is hierdie styl vir jou.
As jy ’n bietjie waaghalsig voel en lus is vir ’n verandering, probeer ’n kort styl met ’n verskil: "Hierdie styl is afgelei van die ou undercut," sê Terence. "Jou hare word bo ’n bietjie langer gelos en korter na onder gesny, maar dit hoef nie drasties te wees nie – jy kan die styl subtiel dra sodat dit steeds in die raadsaal komplimente sal kry."
Vir wie?
Jy kan dit dra as jy dun of dik hare het (maar dit sal meer beheerbaar wees as jou hare ’n bietjie dikker is) en dit sal vir krul- of reguit hare werk. Dit lyk veral goed by ’n ronde gesig.
Skoonheidsdinge - haarprodukte vir jou
![]() |
![]() |
|
Kies ’n stileeryster wat hare verryk
|
’n Aromaterapiebederf |
![]() |
![]() |
| 3. Definieer jou natuurlike krulle met L’Oréal Studio Curl Power Curl Controlling Crème (R54,95) – dit bevog boonop. |
As jy gereeld ’n stileeryster gebruik, is Tresemmé Heat Defence Styling Spray Smooth (R49,95) jou beskermengel. |
![]() |
![]() |
| Gebruik ghd Shining Serum (R195) ná jy jou hare drooggeblaas het om bros of kroeserige hare in toom te hou. |
Versag jou hare met Sunsilk Smoothing Cream for Straight And Wavy Hair (R34,99) vir ’n spieëlgladde voorkoms in ’n japtrap. |
![]() |
![]() |
| Jou kroon kry vinnig kleur met VO5 Colour Mousse (R38) – die kleur hou vir tot 4 weke. | Gesonde hare lyk sommer vanself mooi. Beskerm joune met Pantene Pro-V Intensive Anti-Breakage Treatment (R37,99). |
Verwante artikels
-
Hare is belangrik
Dis soos dit is. As ’n vrou aankondig sy’t ’n bad hair day kan jy maar weet dinge is op breekpunt.
-
Wen luukse haarsorg-bederf
Een gelukkige sarie.com-gebruiker kan 'n geskenkpak met Wella System Professional produkte ter waarde van R1 052 wen!


































Kommentaar