Mood Winter lees nou
Skoonheidstories

5 bekostigbare oplossings vir ’n droë wintervel

’n Gesonde vel tydens die koue wintermaande hoef nie ’n fortuin te kos nie. Begin jou vel al hoe droër en stywer voel, met fyn lyntjies en plooie skielik meer sigbaar weens minder vog in die lug? Ja, die winter is op pad! Hiér is vyf slim oplossings vir ’n droë wintervel.

Tierbevolking styg eerste keer in 100 jaar

Winter Velsorg infographicBesoek ons Pinterest-profiel vir nóg oulike infografika soos dié een!

1. Verruil jou jel- of skuimreiniger vir ’n romerige reiniger of selfs ’n reinigingsolie.

’n Reiniger met ’n roomtekstuur versterk jou vel se lipiedlaag – die laag wat vog in jou vel in seël – en sorg vir ’n sagte, soepel vel.

Probeer: Eucerin DermatoClean Mild Cleansing Milk (R120) of Dove Deeply Nourishing Nutrium Moisture (R55 vir 500 ml)

Wenk!

As jou vel geneig is om vinnig vogtigheid te verloor, kyk ook uit vir vogrome met meer water as olie in die samestelling. Dié rome se tekstuur is ligter en bevat gewoonlik woorde soos “lotion”, “hydrating” of “light” op die verpakking.

Probeer: Nivea Aqua Sensation Invigorating Day Cream (R56) of Neutrogena Light Night Cream (R100)

2. Bederf jou vel twee tot drie keer ’n week met ’n bevogtigende gesigmasker.

Gesigmaskers in die vorm van ’n gesiglappie (sheet mask) wat jy tuis kan aanwend, bevat gewoonlik bestanddele soos vitamien E en hialuronsuur wat jy, ná reiniging, vir sowat 20 minute aanwend. Dit bevogtig jou vel intens en sorg vir ’n gesonde gelaat wat stralend en douerig (dewy) lyk.

Probeer: Cettua Hydrating Facial Mask (R36, by Clicks) of Sorbet Hydrating Face Mask Clarifying & Moisturising (R46, by Clicks)

3. Gebruik soggens ’n vitamien C-produk op jou vel.

Dis dalk nie die bekostigbaarste produk op die rak nie, maar beslis ’n goeie belegging tydens die kouer maande. Vitamien C stimuleer die vervaardiging van kollageen sodat jou vel plomper lyk en dit verminder vry radikale wat deur bv. sonblootstelling en besoedeling veroorsaak word. Daarby verbeter dit ook oneweredige verkleuring sodat donker vlekkies vervaag en jou vel helderder lyk.

Probeer: Placecol Vitamin C Radiance Therapy (R295, by Placecol-salonne)

Vitamin C Radiance Therapy 30ml copy4. Kry ’n bevogtigende gesigsproei wat jy sommer in jou handsak kan saamdra.

Buiten dat ’n gesigsproei jou vel deur die dag verfris en bevog, help dit ook om jou grimering vars te hou. Jy kan dit selfs aanspuit voordat jy grimeer om as basislaag (primer) te dien.

Probeer: Eau Thermale Avene Thermal Spring Water (R149, by Clicks) of Inglot Refreshing Face Mist for Dry to Normal Skin (R189, by Inglot-winkels landwyd)

Wenk!

Spuit ’n bevogtigende gesigsproei oor jou gesig nét voordat jy jou vogroom aanwend. Wend dan dadelik jou vogroom aan. Só seël jy ekstra vog in jou vel in.

5. Skilfer jou lippe gereeld af en onthou ’n lipbalsem (lip-ice)!

Skilfer jou lippe liggies af met ’n mengsel van bruinsuiker, heuning en olyfolie. Dit verwyder dooie velselletjies, bevog en sal die kleur van jou lippe ook eweredig laat vertoon. Wend daarna ’n bevogtigende lipbalsem aan vir sagte, soenbare lippe.

Probeer: Vaseline Petroleum Jelly Vitamin E (R14 vir 100 ml) of Labello Lip Butter in Vanilla & Macadamia (R33)

Het jy geweet?

Voed jou droë wintervel van binne deur saans ’n koppie rooibostee te geniet! Rooibostee is ’n natuurlike bron van kragtige antioksidante en alfahidroksisure. Dié tipe suur word in skoonheidsprodukte gebruik as ’n gewilde afskilferaar en dit help jou vel om vog en fermheid te behou. Só word die voorkoms van vroeë tekens van veroudering soos plooie en fyn lyntjies verminder. Dit verfris ook jou vel en gee aan jou gelaat ’n gesonde, stralende gloed. Lees hiér meer oor rooisbostee se vele voordele vir jou vel…

Bronne: www.totalbeauty.com, www.hellomagazine.com

Aitsa! Kate Middleton word Marilyn Monroe!