FOTO: AERIN LLC

FOTO: AERIN LLC

Skoonheidstories

Aerin Lauder leef haar droom

Sy’t die kuns van living beautifully vervolmaak. Moeitelose styl haar stempel gemaak. Maar meer as ooit is dit nou Aerin Lauder se tyd. SARIE-redakteur, Michélle van Breda, het in New York met haar gesels.

Wié is Aerin Lauder? Vind hier uit

In 2012 het Aerin die wêreld verras toe sy haar eie handelsmerk, Aerin, bekend gestel het. Mense wat haar ken, sê hierdie skuif was die logiese volgende stap, want soos haar ouma is sy ’n entrepreneur in murg en been. Berekende risiko’s skrik haar nie af nie. Dit was byvoorbeeld haar idee om die laaste jare modelle van oor die wêreld heen te gebruik in Estée Lauder-advertensies om die Amerikaanse handelsnaam na elke uithoek van die planeet te neem: Liya Kebede van Ethiopië, Liu Wen van China, Joan Smalls van Puerto Rico. Haar besluit om nou deels weg te stap van haar Estée Lauder-familie om Aerin te begin en dan nét haar voornaam aan haar maatskappy te heg, spreek boekdele oor haar wil en moed om innoverend te dink en haar eie ding te doen. Hoewel sy die styl- en beelddirekteur van Estée Lauder bly, is Aerin duidelik waar sy haar nou uitleef.

Watter van Aerin se parfuums pas die beste by jou? Vind hier uit

Ongetwyfeld het sy ’n lang pad gekom sedert sy as student vakansietye by haar ouma (sy noem haar Estée) se maatskappy gewerk het. Die wêreld van skoonheid was nog altyd in haar bloed, sê sy. “Ek was van die begin af gek na die hele kreatiewe proses. Wat ek weet, het ek by Estée geleer: dat skoonheid universeel is en ja, dat élke vrou mooi kan wees. Sy het my ook die belangrikheid van uitmuntendheid laat verstaan; die aandag aan detail – wat jy ook al doen, doen dit goed.

Credit AERIN LLCx

FOTO: AERIN LLC

Dat sy ’n les of twee by haar ouma geleer het, is nie altemit nie. Die Aerin-leefstylreeks, wat sy graag “pretty” noem, is ’n eg vroulike en goedvoel-ondervinding. Sy sê prontuit dat vroulikheid vir haar belangrik is. Elke item, van die spesiaal ontwerpte kleedstof tot die unieke bakkies, borsels en juweliersware gedoop in goud, is met die hand deur Aerin uitgekies. Ook haar eerste beperkte Aerin-grimeerreeks, als met ’n roosgeur, laat jou wonder wat ’n vrou moontlik meer sou nodig hê.

Dis die mooi lewe, inderdaad, maar jy bespeur iets aards en outentiek
aan Aerin se keuses. Wanneer jy dan lees dat haar “guilty pleasures” dinge soos aartappelskyfies, Diet Coke en ’n gewone hamburger insluit, is jy geneig om haar te glo. Haar definisie van luukse strek ook verder as wat jy verwag: “Dis enigiets wat spesiaal voel. Dit kan ’n oomblik wees. Om op die strand te stap, ’n soen van jou kind, ’n mooi prenteraam, ’n spesiale parfuum; luuks hoef nooit duur te wees nie …”

FOTO: AERIN LLC

FOTO: AERIN LLC

Ek is juis in New York vir die bekendstelling van die hand vol parfuums wat deel uitmaak van die Aerin-reeks en wat nou in SA bekend gestel word. Vir byna twee jaar het sy saam met die bekende Amerikaanse parfumeur Karyn Khoury gewerk aan die eerste vyf geure. Elkeen is geformuleer om spesifieke herinneringe, en al vyf staan netjies voor my op die glastafel. Die bottels is eenvoudig eenders en die pastelkleurige doppies herinner aan halfedelstene. Blomme, onder meer haar gunstelinge, soetemaling en katjiepiering, is die hart van elke parfuum, sê Aerin. Én roos, wat Estée se gróót liefde was.

In die advertensie vir haar parfuums skep Aerin ’n verleidelike wêreld. Sy staan self in ’n droommooi-rok van Valentino, haar hare natuurlik oor haar skouers. En daarby net die woord Aerin – ’n duidelike boodskap dat dit nou haar tyd is. Dat dit háár stempel is wat sy op die wêreld van skoonheid wil afdruk. En dan praat sy met kundigheid en passie oor haar parfuums.

aerin_home_rt1_141006

Elke geur vertel ’n storie en vat ’n gevoel vas wat deel is van elke vrou se dag en lewe. Geure wat die moderne vrou verpersoonlik; geure wat haar soos ’n warm kombers toevou …

Lees meer HIER oor Aerin