Skoonheidstories

8 top-grimeerwenke vir jou troudag

Dis die een dag dat jou grimering perfek móét lyk. Hier is die beste grimeerwenke vir jou groot dag …

1. Jou grimering gaan die beste lyk as jou vel goed bevog is. Gebruik ’n vogroom wat maklik in die vel intrek net voor jy jou grimeer, is die raad in die skoonheidshuis Bobbi Brown se bruidsgids, Bridal Beauty Make-up Tips & Beauty Tricks for the big day.

2. Kies ’n pienkerige blosser vir ’n spatsel jeugdige kleur op jou wange. Glimlag sodat jy die appels van jou wange duidelik sien. Wend die blosser hier aan en skakeer dit opwaarts na jou haarlyn toe.

3. ’n Bruid se moet die fokus van haar grimering wees. Gebruik sagte natuurlike kleure met ’n tikkie metaalglans om dit te beklemtoon. En wend minstens twee of drie lae maskara aan.

Step by step. You can do it. Learn more on YouTube/ bobbibrown and bobbibrown.com and Everythingbobbi.com 

A photo posted by Bobbi Brown Cosmetics (@bobbibrown) on

4. Sorg dat jou grimering in natuurlike lig gedoen word sodat jy kan sien hoe dit in die buitelug sal lyk.

5. Kies grimering wat heeldag lank sal hou. Kyk uit vir woorde soos “long-lasting”, “all day”, “12-hour wear” en “waterproof” op die verpakking.

6. Die twee grimeerprodukte wat die vinnigste van jou gesig verdwyn, is lipstiffie en blosser. Hou dit by jou op jou troudag vir ingeval jy dit nodig kry.

7. As ’n grimeerkunstenaar jou gaan grimeer, is dit altyd beter om eers ’n proeflopie te doen om seker te maak dat jou vel nie sensitief vir enige van die produkte is nie. Dis ook ’n goeie idee om jou eie onderlaag en maskara saam te neem.

8. Wees versigtig vir te veel of te min grimering. As jy te veel grimering aanwend, kan jou familie, vriende en die bruidegom dalk begin wonder wie die vreemdeling is. Maar dra jy te min grimering, kan jy vaal lyk op foto’s. En onthou, jou troudag is nie die tyd om met iets te eksperimenteer wat jy nie gewoonlik sal dra nie.

Dié produkte is perfek om op jou troudag te gebruik:

Cettua Hydrating Facial Mask (R36)

Wend dié gesigmasker die dag van jou troue aan jou gesig vóór jy grimeer. Dit sal sorg vir ’n plomp, bevogte vel wat gesond lyk. By Clicks.

Smashbox Photo Finish Foundation Primer (R430)

Op jou troudag is ’n basislaag ’n moet! Dit vul ’n oneweredige veltekstuur en fyn lyntjies in sodat jou grimering foutloos aanwend.

Estée Lauder Double Wear Stay-in-Place Makeup SPF 10 (R525)

Die gewilde onderlaag kan tot 15 uur lank op jou vel bly en het ’n mat-afwerking.

Bodyography Radiance Boost Liquid Luminizer (R350)

Laat jou vel gloei met ’n tikkie verligter op jou wangbene of streel dit liggies oor jou hele gesig voor jy onderlaag aanwend. By Placecol-, Perfect 10- en Dream Nails-salonne.

Max Factor Creme Puff Blush in Lovely Pink (R140)

Gee jou wange bloesende kleur met dié pienk blos. By Clicks.

Revlon Super Length Waterproof Mascara in Blackest Black (R149)

Kies ’n swart maskara om jou oë behoorlik te laat aandag trek.

Clinique Pop Lacquer Lip Colour + Primer in Wink Pop (R285)

Die formule bevat ’n basislaag wat dié rosige lipglans langer op jou lippe laat hou.

Bobbi Brown Luxe Lip Color in Parisian Red (R450)

Dit gee nie net treffende kleur aan jou lippe nie, maar bevog ook sodat fyn lyntjies minder sigbaar is.

Lees nou

Is dit Marmite of Bovril?

VIDEO: Kry stap vir stap rokerige oë