FOTO: Instagram (@smashboxcosmetics)

FOTO: Instagram (@smashboxcosmetics)

Skoonheidstories

Alles oor potloodblossers

’n Spatsel pienk op jou wange is al wat jou gesig vra vir ’n helder voorkoms dié seisoen. En danksy verskeie blossers wat nou in potloodvorm hul verskyning maak, is dit makliker as ooit tevore.

Kate Walsh se vroeë menopouse lei tot kinderloosheid

Blossers met ’n romerige formule in potloodvorm is tans baie gewild. Danksy die potloodvorm word kleur egalig oor jou wange versprei, terwyl die roomformule sorg vir ’n subtiele pienk gloed met ’n douerige (dewy) afwerking. Boonop wend dit maklik en vinnig aan en pas dit gerieflik in jou handsak. Baie van dié potloodblossers kan ook op jou lippe gebruik word – só kan jy verseker dat die skakering op jou lippe nie met dié van jou wange bots nie. Maar jy sal wel die kleur op jou wange gereeld moet opknap omdat ’n roomformule nie so lank soos ’n poeierformule hou nie.

“Omdat grimering vir die somermaande baie lig en subtiel is, is ’n sagte pienk blosser wat jy liggies op jou wange en lippe kan tik al wat jy nodig het om te sprankel,” sê Michelle-Lee Collins, senior grimeerkunstenaar van M.A.C.

#MACBackstage at @irisvanherpen #SS16, where light and shadow were all about “an organic play on texture.” #PFW

A photo posted by M∙A∙C Cosmetics (@maccosmetics) on

Top-drie wenke vir jou partytjievoorkoms

Doen dit só

Trek ’n lyn met die potloodblosser van die appel van jou wange skuins opwaarts tot onder jou slape. Gebruik dan jou wys- en middelvinger om met ligte sirkelbewegings die blosser op jou wange in te skakeer. Begin eerder met minder blosser en bou dit geleidelik op. Dis moeiliker om blosser ligter te maak as om nog aan te wend. Pas ook op om nie die blosser te hard in jou wange in te vryf nie.

Wenk: Gebruik blosser net op die appels van jou wange. Dit is waar ons natuurlik bloos en jy wil dié deel beklemtoon met ’n bietjie kleur.

Probeer dié potloodblossers:

  1. Smashbox L.A. Lights Blendable Lip & Cheek Color in Silver Lake Sunset (R320)
  2. Clinique Chubby Stick Cheek Colour Balm in Roly Poly Rosy (R280)
  3. Chanel Healthy Glow Sheer Colour Stick in Blush No22 (R605)
  4. The Body Shop Lip & Cheek Velvet Stick Universal Shade (R120)
  5. Gosh Giant Blush in 02 Shy (R135). By Edgars
  6. M.A.C Cremeblend Blush in So Sweet, So Easy (R245)

Oxford se woord van die jaar is ‘n emoji! – Lees meer!