sy klink soos lente

FOTO Werner Botha van Plastiek

Skoonheidstories

Aktrise Amalia Uys deel haarwenke vir dik hare

Ons hare is ’n emosionele saak; die kroon wat sê wie ons is. Amalia Uys, ons September-voorbladster, deel haar beste wenke – en grootste foute!

Wat is jou haartipe?

Ek het dik hare met ’n natuurlike krul wat soms effens frizz. Dit is hoekom ek so ver moontlik van kort snitte wegbly. Ek hou my hare eerder lank en flowy.

Wat is jou grootste haar-uitdaging?

Eintlik tydsbestuur, want ek kan basies enigiets met my hare doen solank ek genoeg tyd het om daaraan te bestee. Die vinnigste is om dit sommer net te diffuse [jy maak jou hare droog met jou haardroër se hitteverspreidingstuk] sodat dit krul. Gelukkig hou ek van my krulle!

Surrounded by Boland splendour. #DoubleEchoMovie

A photo posted by @amalia1uys on

Jou beste haarwenk?

Krulhare het baie vog nodig, daarom gebruik ek altyd goeie opknappers en maskers. As ek self my hare stileer, kam ek dit met ’n wyetandkam en los dit om natuurlik droog te word. Ná die tyd gebruik ek produkte wat frizz teenwerk en my krulle definisie gee. Wanneer my tyd beperk is, maak ek dit in ’n hoe bolla vas saam met funky oogomlyner en rooi lippe.

Jy word al gekenmerk aan jou helderrooi hare…

Eintlik was ek nog altyd lief vir my rooi hare. Ek is ’n vrygees en my hare is soos my kroon. Dit pas by my! Ek kleur dit rooibruin om my natuurlike haarkleur so bietjie te beklemtoon. Dit laat my hare meer blink en vestig die aandag op my oë en vel.

Wat sal jy nooit aan jou hare doen nie?

Ek dink nie ek sal goed lyk as ’n blondine nie. Ek sal dalk so ’n bietjie soos ’n vaal muis lyk.

‘Michelle’ the Femme Fatale for #DoubleEchoeMovie @KarooFilms A photo posted by @amalia1uys on

 

Amalia se gunsteling-haarproduk?

*Gee jou natuurlike krulle definisie met TIGI Bed Head On The Rebound Curl Re-Call Cream (R305). By uitsoeksalonne

*Probeer ook L’Oréal Elvive Colour Protect Protecting Shampoo (R50 vir 250 ml) en Conditioner (R50 vir 200 ml) met ’n spesiale bestanddeel wat jou hare se kleur en glans verleng en beskerm

Kom fliek saam met Amalia!

Kyk die fliek waaroor almal praat, Sy Klink Soos Lente, nog voor hy op die groot skerm verskyn. Ons hou ’n eksklusiewe première in samewerking met King Price net vir jou – kom skuur skouers met die akteurs en kry ’n lekker lente-bederf!

Bespreek nou jou kaartjies!

Datum: Donderdag, 8 September 2016, 19:30

Drag: Rock-ster-glans

Waar: Atterbury-teater, Lynnwood Bridge, Pretoria

Prys: R150 (sluit ’n lente-bederf in)

Koop kaartjies by Computicket

sy klink soos lente premiere

Van kort na lank – dié bekendes wys jou hoe om jou dik hare in enige lengte en styl te dra

Scarlett Johansson

Adele

Kate Middleton

Nuutste nuus van The Voice