sr0902annelinea
Skoonheidstories

Anneline Kriel praat oor skoonheid in haar 20’s

IN HAAR 20’S

11 Januarie 1974 en SA bars uit sy nate van trots. Ons meisie, Anneline Kriel, is die nuwe Mej. Wêreld – 16 jaar nadat Penny Coelen van Durban die eerste keer die kroon vir SA verower het. Anneline se kroning is ietwat dramaties nadat die aanvanklike wenner, Helen Morgan, gediskwalifiseer is toe dit blyk sy het ’n kind.

Anneline Kriel word gekroon as Mej. Wêreld

Met haar natuurlike skoonheid laat Anneline fotograwe oormekaar val. Sy speel later in flieks soos Somer en Kill and Kill Again, en in die TV-reeks Skoppensboer, wat onlangs weer op kykNET uitgesaai is. Sy is almal se liefling.

Die een oomblik was Anneline nog ’n langbeen-kind wat produkte uit haar ma se koskas as skoonheidsmiddels gebruik het: Heuning vir ’n sagte vel, kokosneutolie vir gesonde hare. Haar grootste sensuele lekkerte was om haar suster, Renette, se wolkagtige chiffon-kamerjas aan te trek. Renette was ’n lugwaardin, ’n vrou van die wêreld, en Anneline was gelukkig as sy net haar ousus se grimeerborseltjies kon was.

As student aan die Universiteit van Pretoria (en later joolkoningin) het haar mede-koshuisgangers haar haar mooi vel beny. Toe hulle agterkom sy smeer Mercurochrome aan lastige puisies het almal dit begin doen en met rooi kolle op die gesig rondgeloop!

Toe word sy Mej. Noord-Transvaal en kry haar eerste skoon-heidsprodukte – van Lancôme – as geskenk. Nou nog gebruik sy dié reeks (met kort tussenposes van “ontrouheid”, sê sy).

Anneline is holderstebolder in die kollig gedruk. Vandag is sy ambivalent daaroor: Met ons onderhoud vou sy haar een arm beskermend om haar lyf, en dis waar dit heeltyd bly. Die dae van ondeurdagte opmerkings in die pers is verby.

Destyds het sy by die bestes gaan kers opsteek oor hoe om stylvol en afgerond te lyk. As fotografiese model het sy die fynere kunsies van grimering by grimeerkunstenaars geleer. In Italië het niemand minder nie as ’n Italiaanse baron, Rodolfo Parisi, haar met klerewenke gehelp.

“Ons het ’n paar jaar uitgegaan. Hy het my met sy motor-bestuurder winkels toe gestuur en gesê: ‘Vandag koop jy alles net in een kleur. En môre fokus jy op ’n ander kleur. As jy eers ’n basiese klerekas het, kan jy begin meng en pas’.”

Sy het nog altyd neutrale kleure verkies en die twee rooi aandrokke wat sy destyds gehad het, staan uit. Die een het sy op haar 25ste verjaardagparty gedra. Die ander een het sy gekoop toe sy in New York modelwerk gedoen het.

“Rooi is vir my ’n moeilike kleur om te dra. Ek voel altyd dit trek te véél aandag.”

Skoonheidsblapse was daar ook. Soos die keer toe sy elke dag in die sauna gaan sit het met ’n reinigingsroom dik aan haar gesig geplak. Sy’t geglo dit sal al die onsuiwerhede uit haar vel boender, maar toe verstop dit haar porieë en sy kon vir lank nie gesigroom gebruik nie.

Skaars 20 en Mej. Wêreld!

Vroeë veroudering begin reeds in jou jongdae

–  dis nog net nie sigbaar nie

“Fyn lyntjies begin vorm en sommige vroue sukkel met hormonale pigmentasie of aknee. Sonvlekke word dikwels vir sproete aangesien,” sê dr. Suritha Kruger, dermatoloog van Pretoria.

 

Volgens velsorgkenner Stephanie Hugo van Johannesburg is jou vel se olie- en watervlakke in jou 20’s nog normaal. Daarom is goeie velsorg nou so belangrik – om dié vlakke so lank moontlik in stand te hou. “Omgewingsfaktore soos lugversorging stroop ook jou vel van vog en jou skoonheidsroetine moet daarom vogvlakke herstel. Die regte produkte kan veroudering verlangsaam.”

Volgens haar kan jy voor 25 nog met slegs ’n oogjel wegkom, maar daarna is ’n goeie oogroom ’n moet: “Die dele om jou oë is die eerste plek waar lyntjies sigbaar word. En moenie jou sonskerm vergeet nie, want benewens lyntjies is pigmentasie nóg ’n groot rede waarom mense ouer as hul jare lyk,” waarsku sy.

Jou 20’s is dié tyd om met verskillende voorkomste te speel, glo grimeerkunstenaar Algria Ferreira-Watling. “Fokus op die jongste neigings. Jy kan min onderlaag dra en eksperimenteer met rokerige oë en ligte, natuurlike (nude) lippe – of hou jou oë skoner, met bloedrooi of rooi gevlekte lippe. Nou kan jy wees nét wie jy wil!”

Algria sê Amy Winehouse is vir baie jong mense ’n inspirasie, want sy het ’n dramatiese voorkoms geskep wat by haar persoonlikheid pas.

  • http://cbqqlbfhyigv.com/ wkbhecijiu

    uGSuZC qsdabohesnsj, [url=http://yyiuysurtyry.com/]yyiuysurtyry[/url], [link=http://kzzrbylcqlqv.com/]kzzrbylcqlqv[/link], http://iexvqinvlqqt.com/

  • http://jjwmjqrhcapm.com/ qzvocytdt

    oBqMsD kehdhcprgkkx, [url=http://qzrpfewummsh.com/]qzrpfewummsh[/url], [link=http://iwibkpqsxfqg.com/]iwibkpqsxfqg[/link], http://vnejeigyeeys.com/